Podlitiek: Bela-wet pla, Covid-las klaar en Mpofu-dissiplinêr wat niks baar

Opgestel deur die Podlitiek-span

Panyaza Lesufi (Foto: Jairus Mmutle/GCIS

In hierdie week se episode ontnonsens die Podlitiek-span drie gebeure wat die nuussiklus oorheers het.

Die eerste storie is Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, se voorgestelde Bela-wetswysiging. Lesufi se Bela-wetswysiging wil die water waarin Afrikaanse skole swem ʼn bietjie warmer maak, in die proses kom dit wel voor asof hy slegs daarin slaag om skole warm onder die kraag te maak. Die Podlitiek span lewer ʼn verslag wat so neutraal is soos Lesufi se houding teenoor Afrikaans.

ʼn Volgende storie is die Covid-19-regulasies wat uiteindelik opgehef is. As Covid-19-regulasies ʼn kind was, sou dit teen dié tyd al kon rondhardloop en in sinne praat, want dit is vir hoe lank ons onderhewig was aan die paternalistiese onderdrukking wat familievergaderings op ons afgedwing het.

Derdens oorweeg die Podlitiek-paneel die lot, of te wel die afwesigheid van ʼn lot, vir adv. Dali Mpofu nadat hy ondersoek is vir wangedrag teenoor ʼn kollega.

Luister Podlitiek vir hierdie en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.