Podlitiek: Beleggers gelok, ANC gehok en Poskantoor voor stok

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Anders as pres. Cyril Ramaphosa tydens die verskeie toesprake wat hy hierdie week rakende beleggings in Suid-Afrika gelewer het, is die Podlitiek-span 100% eerlik.

In die week se episode word gesels oor Ramaphosa se pogings om beleggings te lok, die ANC se finansiële moeilikheid en die sukkelende Poskantoor.

Terwyl Ramaphosa met Suid-Afrika as beleggingsbestemming gespog het, was busse van private maatskappye in Kaapstad besig om uit te brand. Die ironie kan sekerlik nie meer tasbaar as dit wees nie. Podlitiek loer ʼn bietjie na hoe dit tot hier gekom het, en wonder oor die toekoms van die land se ekonomie.

Dit behoort min gereelde luisteraars van Podlitiek te verbaas dat die ANC se geldjies min raak. Wat dalk effens verbasend is, is die omvang van hierdie party se finansiële moeilikheid. Die Podlitiek-span bespreek die ANC se belastingskuld en wat dit dalk vir die party en die land kan beteken.

ʼn Derde storie vir die week is dat daar wonderlike nuwe geleenthede vir private koerierdienste in die komende jare gaan wees; dit is nou as gevolg van die sukkelende Suid-Afrikaanse Poskantoor.

Luister gerus na hierdie week se Podlitiek om meer oor hierdie en ander stories te hore te kom.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.