Podlitiek: Brackenfell-brekers en Ace se asbesmoles

Opgestel deur die Podlitiek-span

Mense raak slaags buite die Hoërskool Brackenfell in Kaapstad. (Foto: ANA)

Dit was ʼn besige week in Suid-Afrikaanse nuus, die hoogtepunte word oudergewoonte in vandag se Podlitiek-episode bespreek, met pittige opmerkings en ʼn analise wat so ʼn bietjie onder die oppervlak rondkrap.

Die eerste storie wat aangeraak word, is die onlangse konfrontasie tussen ouers en EFF-lede buite ʼn skool in Brackenfell. Die feite van die storie sal vir die meeste Maroela Media-lesers bekend wees, maar Podlitiek wonder wat hierdie gebeurtenis beteken in die groter prentjie. Is dit maar net ouers wat hul kinders verdedig, of is daar ʼn onderliggende versadigingspunt met die EFF se geboeliery wat bereik word?

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Volgende gesels die Podlitiek-span oor Ace Magashule wat op 13 November in die hof moet verskyn. Heelparty boeke en artikels het al die bewerings gemaak dat Magashule die departement van menslike nedersettings as sy persoonlike spaarvarkie beskou het tydens sy ampstyd as Vrystaatse premier. Dit is juis ʼn kontrak van R255 miljoen, om glo asbes uit dakke te verwyder, wat hier ter sprake kom. Die belangriker punt is egter wat die ANC gaan doen hieromtrent, siende dat hulle onlangs die instruksie uitgereik het dat lede wat van korrupsie beskuldig word ter syde moet tree totdat die ondersoek afgehandel is.

Laastens praat Podlitiek oor Krieket Suid-Afrika, en AfriForum se regsaksie wat van stapel gestuur is oor die volgehoue politieke inmenging wat tans binne KSA gewaar kan word.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.