Podlitiek: Brand Suid-Afrika?

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Foto: RAJESH JANTILAL/AFP)

In die week se Podlitiek-episode bespreek Daniël Eloff en Ernst van Zyl die onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal.

Die paniek onder verskeie Suid-Afrikaners is verstaanbaar, maar die Podlitiek-span vra hulself die vraag af: Brand die hele Suid-Afrika werklik? Alhoewel die tonele wat wyd op sosiale media versprei word skokkend is, is dit belangrik om te onthou dat die geweld geïsoleerd is en bekamp kan word.

Die episode word afgeskop deur te kyk na die oorsprong van die onlangse onluste en hoe gemeenskappe reg oor Suid-Afrika daarop reageer het. Die silwer randjie om hierdie donker wolk is beslis om te sien hoe gemeenskappe saam staan en nee sê vir plundery en saakbeskadiging.

Die gesprek draai dan na wat hierdie onluste moontlik op lang termyn vir Suid-Afrika gaan beteken. Ernst en Daniël spreek hul kommer uit dat die ANC dalk die onluste kan gebruik vir eie politieke gewin. Die span bespreek ook hoe lank hierdie onluste gaan duur en hoe belangrik dit is dat gemeenskappe binne Suid-Afrika opbouend reageer om voorspoed op lang termyn te verseker.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annie ·

… bekamp kàn word… maar wil die Zumaìete rus en vrede hè? En het Cyril die guts om die vure te blus? Vinniger reaksie is nodig wanneer brandpunte ontstaan. Om met die gang af te luier all dressed up om voor die landsvlag die nasie se vanwaargehasie aan te spreek a la Biden, is nie genoeg nie. Die nasie is teen daai tyd al af van die stasie en op Netflix of snorkende in die warm kooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.