Podlitiek: China-spioen in parlement; ANC se wen-kanse geskend; staat verplig dalk om in te ent

Opgestel deur die Podlitiek-span

Dr. Xiaomei Havard. (Foto: Facebook)

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde… Hierdie ou gesegde bewys hom om waar te wees in hierdie week se episode van Podlitiek. ʼn Nuwe seisoen breek aan, nuwe bloeisels hang aan nuwe takke, maar die krakies in die fondamente van die ANC, groei, om Totius aan te haal, maar aldeur aan…

Hierdie week word spesifiek na drie stories gekyk, by name die gerugte van ʼn spioen in die parlement, die ANC se hantering van die komende munisipale verkiesing en die toenemende druk om inentings verpligtend te maak. Hierdie week is Paul Maritz en Daniël Eloff agter die mikrofone.

Gerugte dat dr. Xiaomei Havard, ʼn ANC-LP, ʼn spioen vir die Chinese regering is, het ʼn nuwe geur aan gerugte oor die ANC gegee. Die Podlitiek-span praat oor binnegevegte in die ANC, die verskil tussen Suid-Afrika en China, en vra waarom president Cyril Ramaphosa nog nie hierdie verslag bekend gemaak het nie.

Volgende aan die beurt kom die vraag waarom die ANC hul aansoek in die kieshof teruggetrek het. Hierdie aansoek sou die ANC in staat stel om kandidate te nomineer in die 93 munisipaliteite waar hul kandidate nie betyds geregistreer het nie. Podlitiek vra die vraag of hierdie aansoek onttrek is omdat die ANC bewus daarvan is dat die verkiesing van 27 Oktober dalk uitgestel gaan word, en bespreek die implikasies hiervan.

Laastens kom die idee van verpligte inentings aan die beurt. Die standpunt was histories dat entstowwe bepaalde wetenskaplike voordele behels, maar dat die verkryging daarvan die persoon se eie keuse moet bly. Podlitiek vra die vraag wat baie mense tans vra: Hoe nou gemaak met besighede en ander instellings wat inentings wil verplig?

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petrus Klipkop ·

Ek is bloot nuuskierig en stel geensins belang in ‘n pro- of anti-inenting mening nie. Ek is ‘n leek op hierdie gebied, daarom vra ek die vraag: In verband met verpligte inentings, is daar nie wetgewing wat mense beskerm teen die openbaarmaking van persoonlike mediese inligting nie? Is dit wettig om aan te dring op persoonlike mediese inligting om saam met ‘n narratief te swem, soos byvoorbeeld watter medikasie gebruik word vir sooibrand, wat is iemand se MIV status, wat is jou bloedgroep, en water mediese prosedures (soos inenting, biopsies, operasies, deelname aan kliniese toetsing, ens) uitgevoer is? Ek herhaal – ek stel geensins belang in enige pro-of anti- entstof argumente, doen wat die regering sê, glo of verwerp wat in die media en regeringskommunikasie bekend gemaak word, of doen dit want almal doen dit tipe argumente. Wat is die regsimplikasies en implikasies op persoonlike vryheid, ingesluit vryheid van denke? Ek vra die vraag bloot net omdat ek dit interessant vind.

Hardekwas ·

Baie goeie vraag. Ek dink dit laat ruimte vir dagvaarding, tensy die HPCSA spesifiek daardie wet gaan skrap. Daar kan nooit n uitsondering wees nie. As hulle een aspek van jou mediese geskiedenis kan openbaar maak, wat verhoed die owerhede dan om alles openbaar te maak. Ek sien uit daarna om af te tree met die geld wat ek gaan maak deur die staat te dagvaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.