Podlitiek: Coligny-2 vry, vraestelle wat uitgly en verkiesingswet-gesukkelry

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte word in die hooggeregshof in Mahikeng gevonnis. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Met die jaar wat stadig aan einde se kant toe staan keer die Podlitiek-span vir ʼn voorlaaste keer in 2020 terug, dié keer om analise en bespreking te bied oor kwessies wat die nuushooftrekke hierdie week gehaal het.

In hierdie week se episode kom die vrylating van die sogenaamde Coligny-2 aan die beurt, ondersoek na matriekvraestelle wat uitlek word gedoen en die nuwe verkiesingswetgewing word ontleed.

Baie water het in die see geloop vir Phillip Schutte en Pieter Doorewaard, beter bekend as die Coligny-2.  Nadat hulle in Maart vanjaar in Mafikeng skuldig bevind is aan moord, is die beslissing wat in Mafikeng gemaak is vandeesweek in Bloemfontein in die appèlhof omgekeer. Die Podlitiek-span kyk nie soseer na die gegewens van die hofsaak nie, maar bepaal eerder hul gesprek by die tendens wat opgetel kan word, en die temperatuur wat daar tans in gesprekke oor ras in Suid-Afrika heers.

Volgende bespreek die paneel die toenemende tendens van vraestelle wat uitlek. Wat is die impak van vraestelle wat gedurig uitlek op die gehalte van ʼn land se onderrig, en hoe beskou ons die konsep van onderrig in Suid-Afrika? Hierdie vrae beland, tesame met heelparty ander, onder Podlitiek se vergrootglas.

Die derde storie is ʼn tegniese een vir die politieke-fynproewer. ʼn Nuwe wet word tans voorgestel, wat die OVK, die reguleerder van verkiesings in Suid-Afrika, sal bemagtig met die vermoë om uitvoerende besluite oor die praktyk rondom verkiesings in Suid-Afrika te maak. Met die swak rekord van elektroniese verkiesings in die onlangse verlede wonder Podlitiek of hierdie nuwe wetgewing nie met meer kritiek ontmoet behoort te word nie.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.