Podlitiek: Cyril getuig, onteiening swyg, Engels groei ruig

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

In hierdie week se Podlitiek-podsending besin die paneel oor drie belangrike stories wat tans in die nuussiklus rondvloei.

Ten eerste word pres. Cyril Ramaphosa se voorgenome getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping bespreek, dan kom die proses van insette oor onteiening sonder vergoeding ter sprake, en laastens kom die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid weer op die tafel.

Ramaphosa se voorneme om te gaan getuig oor kaderontplooiing tydens oudpres. Jacob Zuma se termyn het die vraag oor kaderontplooiing opnuut na vore laat tree. Vir die Podlitiek-span, wat glo in meriete en die vrye mark, bly kaderontplooiing ʼn bitter pil om te sluk. Wat is Ramaphosa se langtermynplan – het hy een?

Onteiening sonder vergoeding is al deel van die Suid-Afrikaanse debat vir bykans drie jaar. Met die laaste rondte insette is dit ongelukkig hartseer om te merk dat die ANC sy eie beleid in elk geval gaan handhaaf en deurdruk, so kom dit voor, eerder as om werklik ag te slaan op die insette van die mense. Hierdie hele proses laat maar ʼn wrang smaak in die paneellede se monde.

Laastens word die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch weer bespreek. Wie is die grootste verloorders, en wie is die ware wenners in hierdie verhaal?

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek. Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stof ·

Ek haal weer vir Jantje Garoep aan, waar hy op die lug gevra het waarom die stryd teen die koloniale erfenis, júís in die taal van die kolonis gepleeg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.