Podlitiek: Cyril verbaas; privaat krag oplaas; Afghanistan se nuwe baas

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Ná ʼn besige nuusweek kom die Podlitiek-span weer vandeesweek met hul kommentaarpodsending tot die hulp van die leser en luisteraar wat effens onseker is oor wat alles aangaan, en hoe om die hele storie te ontnonsens.

Dié week is Paul Maritz, Daniël Eloff en Ernst van Zyl agter die mikrofone, en hulle stuur die episode na drie bestemmings.

Die eerste saak op die agenda is pres. Cyril Ramaphosa se afgelope getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Podlitiek wonder hoe ʼn mens terselfdertyd nie geweet het wat aangaan nie, én in ʼn posisie bly ten einde die probleem, wat jy nie weet bestaan nie, te bestry? ʼn Kinkel in die kabel? ʼn Slang in die gras? Luister gerus na die kommentaar en ontleding van dié storie.

Volgende op die spreekwoordelike spyskaart is die nuus dat min. Gwede Mantashe die wetgewing wat privaat partye sal toelaat om tot 100 MW krag privaat op te wek, en aan die stelsel te verkoop, in die Staatskoerant geplaas het. Wat hou hierdie verandering in vir die opwekking van elektrisiteit in Suid-Afrika?

Die laaste storie vir die week is die nuus wat tans op almal se lippe is: Die oorname van die Taliban in Afghanistan. Die Podlitiek-span kyk na die ontwikkeling van gebeure oor die afgelope 22 jaar, en wat in die afgelope paar dae gebeur het. Met wêreldmagte wat alreeds stry kry oor hoe presies om die situasie te hanteer, kom dit voor asof die Afghanistan-sage baie ver van klaar is.

Al dié stories en meer in vandeesweek se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.