Podlitiek: De Vos wil erfreg laat vervaag, word verkiesings dalk vertraag?

(Argieffoto: Brendan Magaar/ANA)

Opgestel deur die Podlitiek-span

Terug met ’n volbank op die paneel, bespreek die Podlitiek-span van Daniël Eloff, Hermann Pretorius, Ernst van Zyl en Paul Maritz die week se nuusgebeure op ’n pittige en spitsvondige manier, natuurlik vanuit hul eie onderskeie oogpunte. Alhoewel die span wel oor fyner nuanses verskil, is hulle al vier daarvan oortuig dat die regering se beste skuif meestal ’n skuif uit die pad uit is. Die regering se oortollige inmenging kom dus vandag aan die beurt.

Die gesprek begin by Daniël wat praat oor die impak wat die Covid-19-pandemie op munisipale verkiesings in Suid-Afrika kan hê omdat partye soos die ANC en EFF ten gunste van ’n uitgestelde verkiesing is. Die Podlitiek-span meen dat dit juis die ANC se powere vertoning in 2016 se munisipale verkiesing was wat hulle gedryf het tot hierdie huiwerige benadering tot 2021 se verkiesing. Die impak wat individue soos Hermann Mashaba kan hê onder die nuwe wetgewing wat ruimte laat vir onafhanklike partykandidate word ook vlugtig bekyk.

Volgende kom professor Pierre de Vos van die Universiteit van Kaapstad aan die beurt. De Vos het onlangs die uitspraak gemaak dat ongelykheid in Suid-Afrika deur oorerflike rykdom vererger word, en dus stel hy ’n massiewe belastingkoers op erfgeld, of ’n afskaffing van die hele gedagte voor. Die Podlitiek-span merk onraad hier, en bied ’n deeglike ontleding van De Vos se artikel, sowel as die onderliggende beginsels wat dit aanvuur, en die gevaar wat hierdie denke inhou.

Die paneel kan natuurlik ook nie die geleentheid mis om uit te brei oor die jeug van Suid-Afrika se stryd om vooruitgang nie, juis omdat Jeugdag deur sommige met groot fanfare gevier word, so asof die jeug in Suid-Afrika deur die huidige toedrag van sake bevoordeel word. Inderdaad is daar goeie analise, maar min positiewe punte vir die jeug van Suid-Afrika in hierdie insetsel.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit.  Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit: Hermann Pretorius (IRV); Ernst van Zyl (AfriForum); Paul Maritz (Solidariteit); en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.)

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marius ·

Wie se bates is so in trusts ingevleg dat daar nie ‘n sent erfbelasting betaal word nie ? Sekeres wat ook in volksmond verwys word na ,gevleuldes wat in die lug rondhang waneer ‘n dier van hongerte omval ….

JohanR ·

Enige uitstel van die 2021 verkiesing moet geveg word met alles wat ons het. Daai verkiesing is nog 11 maande weg, en kan self verleng word met 2 maande. Maar uitstel…..haaikona. Dit sal net lekker wees vir die ANC en die EFF, en net hulle bevoordeel. Moenie eers dink om Covid-19 te gebruik as ‘n verskooning nie want die kan nog altyd met ons wees in 2021. Die ANC is ‘n klomp slinkse slange! Ook nou siek, sat en dik vir professore. Daar is ‘n paar in SA, wat jou net ‘n groot eina daar in die agter wereld gee! Ek dink my finansiële adviseur weet meer as professor Pierre de Vos!

Snowball ·

Erfreg is so oud soos die mens self, dink maar aan Eerstegeboortereg. En ja, ek hou van die kommentaar dat ek as wit Afrikaner alles erf, van skuld tot aanspreeklikheid oor die verlede, solank ek net niks van waarde erf, of iets van waarde vir my kind kan nalaat nie, want daarmee het mense soos de Vos ‘n probleem, en is dít die rede vir ongelykheid in die huidige SA. Verby absurd soos julle tereg opmerk.

Adam Adriaan ·

En hulle noem hom ‘n professor? Met sulke snert kan ‘n mens net stillees en hoofrekene as vak gehad het in finale jaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.