Podlitiek: Debatsvenyn, werke kwyn en dié besighede gaan dalk verdwyn

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pres. Donald Trump en Joe Biden. (Foto: AP Photo/Patrick Semansky)

Die week se nuusgebeure blyk oorheers te word deur die debat tussen die twee presidensiële kandidate van die VSA, Donald Trump en Joe Biden.

Dit is meer opgebou as ʼn professionele boksgeveg, en gesien as ʼn keerpunt vir albei kandidate se veldtogte, en tog was hierdie debat so power dat Podlitiek amper wens dat daar ʼn bietjie meer was om te vertel.

Ernst van Zyl, Paul Maritz, en Daniël Eloff is die week in die ateljee. Die eerste storie is die stand van werkloosheid in Suid-Afrika. Die nuutste kwartaallikse arbeidsmarkoorsig dui aan dat werkloosheid in Suid-Afrika ʼn rekordlaagtepunt bereik het, nuus wat net vir ʼn oomblik soet op die tong land, voordat die wrang smaak van 2020 se realiteit ons tref. Die rede vir hierdie goeie syfers is ʼn massiewe toename in mense se ekonomiese onaktiwiteit. Mense kan nie as werkloos beskou word indien hulle nie na werk soek nie, en mense kan nie na werk soek nie as hulle in hul huise toegesluit is. Die werklikheid is dat meer as 20 miljoen lede van die ekonomies bedrywige bevolking nie in die tweede kwartaal ekonomies aktief was nie. Syfers wat kommerwekkend is, om dit eufemisties te stel.

Oor die tweede storie vir die week verskil die Podlitiek-paneel so effens, en dit is Gauteng-premier David Makhura se aanbeveling dat daar sones behoort te wees waar die besigheidseienaars slegs Suid-Afrikaners mag wees. Die idee dat die regering by die mark inmeng, is kommerwekkend vir sommiges, maar ander kan dalk voel dat dit juis die plek van die regering is om in te gryp wanneer en waar sy burgers benadeel word. Die spanning tussen hierdie kwessies beland op die voorgrond.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet ·

Die debat was ‘n verleentheid vir die hele Amerika. Die hele wêreld kon nou sien hoe vêr hulle geval het. Hulle twee top leiers is twee stok ou mans wat skaars bewus is, drip in korrupsie aantugings en is beide aangekla van seksuele aanranding. Hulle moet hulle koppe in skaamte sak

Paul ·

Hi Piet, ek het ook so gedink! Luister gerus die episode, jy sal hoor ek stem met jou saam.

Kruger ·

Hoop en bid Trump wen, anders het ons GROOT moeilikheid…..

daniel ·

Sekerlik sal Amerika in die doodloopstraat van die Sosialistiese aanhangers beland wat die einde van Amerika sal beteken. China sal natuurlik breed glimlag as dit gebeur.

Therese ·

Enigeen wat na vier Trump-jare steeds verwag of hoop dat hy soos die tipies diplomatiese (skynheilige) beroepspolitikus gaan optree, leer óf stadig óf glad nie.
Kyk na sy beleid en wat bereik word, en stem vir Biden as jy nie daarvan hou nie.

daniel ·

Die demokrate wil die einde van die republikeine sien dan is hulle weg oop om Sosialisme te laat seevier, en die amerikaanse kultuur van wet en orde tot n einde bring.

Human ·

Wat word bereik terwyl hy die president is ? Die land val uitmekaar en stuur af op `n burgeroorlog en die Wêreld lag vir en spot met Amerika.

Dewald ·

Ag hoe dramaties! Maar nee, die land val nie uitmekaar nie en daar is geen burgeroorlog oppad nie – daar is wel ‘n klompie linkse liberale wat bietjie onrus veroorsaak.

Ek hou al vir baie jare politiek dop – kom ek vertel jou wat gaan gebeur:

i) Trump gaan hierdie rondte baie verder wen
ii) Die demokratiese party gaan uitmekaar val daarna
iii) Dit gaan bietjie ‘payback time’ wees – ek voorspel ‘n redelik aanskoulike ‘backlash’ vanaf die konserwatiewe kant wat nou net mou g..vol vir die linkse liberale, hulle valse narratiewe en hulle disrespek vir wet en orde is.

Human ·

Lala land ! Trump gaan baie ver wen, “you wish.” Enige iemand kan politiek vir jare lank dophou, dis nie te sê hulle weet waarvan hul praat, veral as hul, hul eenogige sienswyse, propageer as die enkele waarheid.

Tanja ·

Ek wil nogal saam stem met die Gauteng-Premier David Makhura, maar wonder of dit nou gaan veroorsaak dat al die Chineese, Pakistanners en Nigereers aansoek gaan doen vir Suid-Afrikaanse Burgerskap ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.