Podlitiek: Die Ace-sage, aanspreeklike amptenare, valse rassisme-skade

Opgestel deur die Podlitiek-span

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Podlitiek is hierdie week terug om die grootste nuusgebeure van die week te ontnonsens, en in dié episode is Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff agter die mikrofone.

Die eerste punt van bespreking is Ace Magashule se betreklik morsige verhouding met die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van sy party, die ANC. Nadat Magashule aan die begin van die maand tydelik uit sy pos geskors is, het hy ’n brief van skorsing aan die party se president, pres. Cyril Ramaphosa gestuur. Hierdie optrede is as onwettig beskou deur die party en Jessie Duarte, adjunk- sekretaris-generaal van die ANC, het dit as verregaande voorgehou. Podlitiek vra drie vrae hieroor: Wat is die gevolge as Magashule die NUK gewoon ignoreer? Wat hou die korttermyntoekoms van die ANC in, en wat beteken al hierdie dinge vir Suid-Afrika?

Die volgende punt van bespreking is die voortslepende kwessie van water en sanitasie in Koster. Die munisipale bestuurder, Joseph Mogale, word daarvan beskuldig dat hy ’n hofbevel verontagsaam om juis water en sanitasie in die dorp in orde te kry. Ernst bied meer besonderhede oor AfriForum se benadering tot hierdie saak, en brei uit oor waar hierdie proses tans trek. Podlitiek trek ook bogenoemde amptenaar se uitlating van “historiese uitdagings” wat hom kelder om sy werk te doen, in twyfel.

Derdens loer die Podlitiek-span na die slotsom wat die klagtes van valse rassisme deur twee Klerksdorp-polisieamptenare einde ten laaste bereik het. Ná jare lange hofgedinge is die saak van lt.kol. Annemarie Oosthuizen uiteindelik afgesluit, met twee van haar kollegas wat uiteindelik oneervolle ontslag gekry het na afloop van valse klagtes van rassisme.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jacobus ·

ACE se storie is gewoonweg muitery. Dit is die produk van jare se kriminele “verdraagsaamheid”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.