Podlitiek: Die ongrondwetlike en irrasionele inperking

Kenners waarsku steeds dat die koste van die afsonderingstydperk in Suid-Afrika veel meer lewens kan eis as die virus self. Hier wag inwoners van Sukhulumi vir kospakkies om deur die regering uitgedeel te word. (Foto: Thobile Mathonsi/ANA)

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie spesiale episode van Podlitiek gesels Daniël Eloff met Martin van Staden (Vryemarkstigting) en Daniel du Plessis (Sakeliga) oor die reeks hofsake oor die Covid-19-ramptoestand se inperkingsregulasies.

Daniel du Plessis gee bietjie agtergrond en eerstehandse kennis oor die groot oorwinning wat Sakeliga behaal het teen die permitstelsel wat tydens die inperking geïmplementeer is. Du Plessis wys daarop hoe irrasioneel die regering se benadering ten opsigte van inperkingsregulasies is en wat die effek daarvan op voetsoolvlak vir Suid-Afrikaners is. Daar word ook gekyk na regter Davis se uitspraak wat die inperkingsregulasies ongrondwetlik en irrasioneel verklaar het en wat dit beteken vir die ander hangende litigasiesake.

Die gesprek het ook gedraai by wat die ideale reaksie deur die regering moes gewees het en uit ’n filosofiese oogpunt wat die verantwoordelikheid van regerings tydens soortgelyke pandemies behoort te wees. Is dit die rol van die staat om tydens gesondheidspandemies op te tree en tot watter mate behoort hulle?

’n Deurlopende tema van die gesprek is die vrese dat state, en veral die Suid-Afrikaanse staat, deur die pandemie al meer mag sentraliseer en bevoegdheid vir homself toeskryf onder die vaandel van die beskerming en welsyn van die land se mense.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit.  Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit: Hermann Pretorius (IRV); Ernst van Zyl (AfriForum); Paul Maritz (Solidariteit); en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marius ·

Kenners waarsku ? Al was daar nie ‘n ophol jaag pandamonuim nie , sou hongersnood en ellende buitendien die hool tref . Gewone mense het al vir jare hieroor gewaarsku , màar dit was as bangmaak praatjies afgelag . Gooi dit nou voor kenners se koppe en dit is ‘n vlermuis se skuld .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.