Podlitiek: Die president se kleure wys, #BLM in SA tuis, Mmusi hou homself wys

Pres. Cyril Ramaphosa tydens een van sy aanlyn-vergaderings. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die Podlitiek-span het presies twee jaar terug bymekaar gekom. Drie jong mans, wat intussen vier geword het, het met die eerste bymekaarkomslag een doel voor oë gehad, naamlik om hoender te eet (hulle was, per slot van rekening in ’n hoender-restaurant). Maar algaande, soos die hoender begin opraak het en hul idees meer, het hulle besef dat ’n Afrikaanse politieke podsending sy verskyning moet maak.

Vir presies twee jaar het Podlitiek ateljeeopnames gemaak en drie en negentig weeklikse episodes aan die publiek gebied. Sedert verlede week het hulle begin met ’n direkte uitsending waarna die publiek kan kyk en aan kan deelneem. Getroue luisteraars van Podlitiek hoef hul egter nie te bekommer nie – daar sal oudergewoonte ’n opname van die weeklikse podsending op Maroela Media beskikbaar wees.

Vandeesweek, in hul tweede direkte uitsending, bespreek die span ten eerste die onlangse video deur president Cyril Ramaphosa, wat alle wit Suid-Afrikaners aanmoedig om hand in eie boesem te steek as dit kom by rassisme. Podlitiek wonder of Ramaphosa onthou het om dieselfde te doen.

’n Volgende punt is die netelige skole-kwessie in Suid-Afrika. Nie net het skole Maandag amptelik geopen nie, daar is steeds mense wat skole eerder wil toehou, onder andere, die voormalige leier van die DA, Mmusi Maimane. Verder weier die regering tans om privaat kleuterskole toe te laat op te open, wat ook ’n problematiese gesprek uitmaak.

Podlitiek sluit af en bespreek, onder meer, burgerlike vrede in die VSA na aanleiding van die onlangse optogte rakende die dood van George Floyd, ’n swart Amerikaanse man. Wat is die ware motief van die Black Lives Matter (BLM)-beweging, waarheen is die beweging op pad, en het hierdie beweging die morele grond wat dit voorkom om te hê?

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit: Hermann Pretorius (IRV); Ernst van Zyl (AfriForum); Paul Maritz (Solidariteit); en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris

ALM – All Lives Matter; Covid -19 gaan ongelukkig en heel waarskynlik ook voldoen aan alle kwota en B-BBEE vereistes.

Christina

As “black lives matter” waarom vermoor hulle eie kinders, vroue en oumense. Waarom staan die hogeres nie op en begin hulle skole veilig maak vir hulle kinders nie. Hou op betoog en sit skouer aan die wiel sodat “all lives matter” haalbaar sal word.