Podlitiek: Die taal van propaganda met Ansie Maritz

verkiesing-2019-da-good-plakkate

Foto: Discott/Commons.wikimedia.org

Opgestel deur die Podlitiek-span

In die volgende episode in hul onderhoudreeks praat Podlitiek met Ansie Maritz, ’n kenner op die gebied van die taal van propaganda.

Paul Maritz lei hierdie gesprek – wat natuurlik in die aanloop tot die verkiesing van groot waarde is – in deur na die definisie van propaganda te kyk. Wat is propaganda, en hoe lyk propagandistiese taalgebruik? Ansie Maritz gee aan die hand van haar eie doktorale studie ’n verduideliking van wanneer taal as propagandisties gesien kan word.

Die gesprek maak draaie by die geskiedenis van propaganda, en hoe propaganda al in die verlede effektief aangewend is deur partye of groepe wat probeer het om ’n gewenste uitkoms te bewerkstellig.

’n Volgende punt van bespreking is die verkiesing van 2019, met soveel verskillende en veelkleurige plakkate wat die verbyganger met allerhande slagspreuke en beloftes bombardeer en die gebruik van propaganda op verkiesingsplakkate word onder die loep geneem. Ansie gesels oor wat politieke partye éintlik met hul verkiesingsplakkate bedoel, deur dit wat hulle juis nié sê nie. Voorbeelde van wat tans vertoon word, word genoem.

Die gesprek sluit af met Paul wat vra waarom dit juis belangrik is dat ons as landsburgers daarvan bewus moet wees dat propaganda aangewend word om ons, na alle waarskynlikheid, onbewustelik van sekere sake of idees te oortuig.

Indien jy nog altyd gewonder het wat die boodskap ágter die boodskap tydens verkiesingsveldtogte, op verkiesingsplakkate, en met bemarkingsveldtogte was, dan is hierdie episode van Podlitiek se onderhoudreeks die volgende logiese stap op jou kennistog.

Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Spreaker, Twitter, YouTube en iTunes te volg.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

gatiep ·

Net leuns alles wat uit hulle monde uitkom.
Wie kan hulle nog glo.

Hans Richardt ·

Dis jammer dat die taal van subtiele indoktrinasie propaganda van bv RSG of BBC, word nie genoem nie. VERREGS en net liberaal, is ook propaganda, want wat is bv “verregs”? Kriminele optrede kry dikwels etiket van “verregs”!
Is konsep soos bv selfbeskikking “verregs”, terwyl dit ‘n VN konvensie is? RSG huldig hierdie opinie.
Is geforseerde etniese amalgamasie beleid soos “een Engelse SA vir almal” nie propaganda nie, in land met diverse bevolking?

Stephan de S ·

Uitstekende kommentaar deur Hans Richardt wat aandag nodig het. Hoop dit kry aandag.

John ·

… indien jy nog altyd gewonder het… aai tog, sodra kundiges hul ‘pen’ opneem moet die ontvangers totale swape wees wat sit en wonder… vir jare… totdat die slimmes gebore word om lig te werp op die diep wonde en pyn om uiteindelik die domdorings uit te grawe… met hul slimpenne. Al die plakkate is doelloos… bloot selfveheerliking. Mense stem vir ‘n ideologie cum geloofsoortuiging + beloftes van groot rykdom/buit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.