Podlitiek: Die Khumalo-dubbelstandaard en koshuisname ontaard

Velaphi Khumalo. Foto: Via Facebook

Opgestel deur die Podlitiek-span

In vandeesweek se episode pak die Podlitiek dubbelstandaarde, snaakse besluite deur universiteitsbestuur en die Nene-saga by die horings.

Om die episode in te lui, bespreek Daniël Eloff die gelykheidshof se beslissing van die afgelope week waar Velaphi Khumalo skuldig bevind is aan haatspraak. Khumalo is ʼn staatsamptenaar wat mense op sosiale media aangehits het om wit Suid-Afrikaners te vermoor “net soos wat Hitler met die Jode gemaak het”. Hierdie uitspraak word vergelyk met Vicky Momberg se uitlatings vroeër vanjaar, as gevolg waarvan sy tans tronkstraf uitdien vir die rassistiese uitlatings wat sy op video gemaak het. Die span spreek hul kommer uit oor die duidelike dubbelstandaarde tussen die twee gevalle. Wat dit selfs erger maak, is die feit dat Khumalo met ʼn ligter straf wegstap vir ʼn veel erger opmerking.

Die gesprek draai dan na die Universiteit van Pretoria, waar koshuisname die nuutste slagoffer in die stryd om transformasie is. Paul Maritz lys ʼn paar voorbeelde van die veranderde name en sê dat hierdie ʼn simboliese oefening was wat van min tot geen waarde is nie. Paul bespreek ʼn straf wat in die Romeinse tyd bekend gestaan het as damnatio memoriae – om iemand uit die samelewing se gemeenskaplike geheue te verwyder deur alle tekens van sy/haar/hul bestaan te vernietig. Hierdie taktiek is ook kenmerkend van Leninisme – en in dié opsig ook iets wat duidelik deur die Suid-Afrikaanse regering onderskryf word. Hierdie totalitêre beheer van die verlede is duidelik sigbaar in standbeelde wat verwyder word en die wysiging van plekname. Dit alles pas in by die ANC se doelwit om die geskiedenis te beheer – en om dit wat hulle nié kan beheer nie, uit te wis.

Die episode sluit af met die skielike bedanking van Nhlanhla Nene, die voormalige minister van finansies. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat hy by vier  geleenthede met die Guptas in kontak was – en dat sy seun se besigheidsbedrywighede ietwat verdagte is. Paul wys daarop dat indien ons maatstaf vir ministeriële aanstelling is of die persoon al in kontak met die Guptas was, dan sou ons nie besonder baie mense oorhê om in die kabinet te dien nie. Suid-Afrika wissel deesdae taamlik gereeld van ministers van finansies – watter implikasies het dit vir stabiliteit en sakevertroue?

Ter afsluiting kyk Podlitiek na enkele positiewe punte van die afgelope week se nuus. Paul is trots op die afgelope naweek se Springbok-wedstryd en is bly om te hoor dat oudpresident Zuma bietjie finansiële druk ervaar. Daniël Eloff sluit af met die jongste nuus dat AfriForum en die Zulu-koning ʼn samewerkingsooreenkoms gesluit het – 2018 is werklik die jaar van vreemde alliansies.

  • Is jy onseker oor ons land se toekoms? Voel jy dalk oningelig oor politieke kwessies wat aan die orde van die dag is? Dan is Podlitiek die ideale instrument om jou opinie mee te slyp! Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jannie Nell ·

Moet asb nie enige iets glo wat die Zulu koning sê nie. Hulle kan nou maar eenmaal nie vertrou word nie. Onthou Dingaan
My vraag is hoekom hy nie alle Landbouers se grond insluit in die ooreenkoms wat hy wil hê Rhamaposa moet teken nie?????? Dit gaan net oor sy eie gewin en mense. Dit is die rede.

Paul ·

More Jannie, ek hoor jou, maar ek dink, alhoewel mens moet leer uit jou foute uit, ons hierdie land met baie mense deel.

Nettie ·

@Paul – ons moet miskien deel, ja – MAAR NIE MET VOLKSVREEMDELINGE OFTEWEL “INKOMELINGE” VANUIT MIDDE- EN NOORD-AFRIKA NIE. Suid-Afrika behoort te wees vir diegene van hier gebore is, grootgeword het ens. Ek wil sover gaan as om te sê dat 50% (of dalk meer?) van die burgerskap in SA, níé gebore SAners is nie. Dieselfde geld vir SAners wat hul toevlug na ander lande geneem het – daardie mense voel waarskynlik dieselfde oor die hope expats wat o.m. in Kanada, Australië, Nieu-Zeeland ens. hul tuiste gemaak het. Die verskil tussen die “genaturaliseerdes” in SA en die expats in ander lande soos Aussieland, NZ en Kanada, is egter dat laasgenoemde groep ‘n bydrae tot hul nuwe lande maak – eersgenoemde groep in SA, kom net na die “land van melk en heuning” om pap te skep, omdat dit so sleg gaan in die lande waar hulle vandaan kom.

What a joke! ·

Die groot verskil is Nettie ons wat land uit is oor die hopelose Suid Afrika situasie help bou en voeg waarde tot lande soos Australia ,NZ ens…
Die meeste van die lot wat die RSA inkom bring niks na die tafel nie inteendeel hul vat net!
Nog n ding die gevoelens wat jy se lande soos Oz en NZ het vir expats soos ek is miskien so maar so voel baie swartes in Suid Afrika ook oor jou wit vel in Suid Afrika!
Hul glo vas jy hoort nie daar nie en hul glo ook jy is n wit bevoorregte op die rug van hul swaarkry ! So se jy nou vir my waar dink jy is ek as blanke beter af huh in Suid Afrika waar hul my ontneem van my regte oor my wit vel dmv regstellende aksie,BEE ens of in n ander land waar ek tog wel kan werk en veilig en rustig voortbou op n toekoms vir my en my kinders…..Dit is juis oor patetiese dubbel standaarde soos die waar die swart rassis kan se wat hy wil teenoor blankes en basies vry daarvan afkom maar as n blanke dieselfe sou se gooi hul hom summier in die tronk! Dit is een rede hoekom ek verkies om so ver weg te bly van daai helhool waarin jul bly!

Eish ·

Wat n pragtige nuwe woord wat ek nou aangeleer het, baie dankie. Kon eenvoudig nie die uitnodiging van die hand wys om so ietwat paralelle te trek nie…

Damnatio memoriae.

Voetspore van gister, toegewaai…
Herkomspad, duine en duine sand…
Klankkranse laat nie meer die eggo draai…
Verbysterd, verdwaas, beskermend, omhoog ons hand…

Drommedaris, Goede Hoop en Reijger,
ontanker, verpletter, in die Kaap van die storm!
Hersenskim, n halfkaal kryger…
Nader en nader, dreigend vorm!

Voorgeslag se beeltnis nou ingeperk…
Wapperende doek van kleur, nooit weer ontplooi…
Gisters doelgerig weggewerk…
Verbied, selfs spit van eie sooi…

Ons tong geboei deur andermanswet,
Hellestryd! En o, die smet!
Weggevat en ontneem,
voorreg van ons seën…

Ritmies drom Indunas stem,
Skergeslyp, die Saulslem!
Versteen in vlug, verslae skyn…
Salpeterwit, op ons volk verdwyn…
MCH (c)

Johan ·

Ek waardeer dat julle podsending elke keer ‘n opsomming van die episode gee! Meeste podsendings het net die klank, maar julle doen nog moeite. Dankie.

Jerry ·

Damnatio Memoriae, het bygedra daartoe dat die Afrikanervolk ontwaak het, verdeel het en die uitverkorenes versprei het na nuwe tuistes oor die uithoeke van die wereld!

John ·

As ons almal nou, soos baie predikante deesdae ook, begin glo dat daar geen bose magte in die lug is nie, dan het ons ‘n probleem. Waarom sou seker mense dan hul mag afdwing, bloedvergieting van onskuldiges plaasvind en misdaad floreer? Hoe verduidelik ons haat en vergrype en leuens? Waar het etiek se ewige waardes dan ontstaan het as daar nie ‘n groter mag vir die goeie, die regte en wellewendheid bo alles uitreik nie. Ons praat rondom gebeure as sou iemand maar net sommer uithaak en iets vreemds doen en tog maar net moet en kan ophou met sy nonsens of andersins goeie rede tog het omdat so en so dit en dat en indien hy so swaar gekry het sonder die weelde wat ander dan glo het. Wie moet bes gee en wie is geregtig op sy uitgangspunt?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.