Podlitiek: EFF-hofsaak; gaan Mpofu kraak en Rogan se vryheid van spraak

Opgestel deur die Podlitiek-span

Ernst Roets (Foto: AfriForum)

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek die span adv. Dali Mpofu se optrede tydens die onlangse onderhoude vir die pos van hoofregter, AfriForum se hoofsaak teen die EFF en die herrie rondom Joe Rogan.

Daar is ál meer eise dat adv. Dali Mpofu SC aan die Regterlike Dienskommissie (RDK) onttrek word ná sy optrede tydens die onlangse onderhoude vir die pos van hoofregter. Die Podlitiek-span vra hoe Mpofu in die eerste plek so ʼn belangrike stoel kan inneem, en meer as dit, wat ons daardeur van ons land kan leer.

Volgende bespreek hulle AfriForum se hofsaak teen die EFF. AfriForum voer aan dat die EFF geweld aanhits met verskeie van hul liedjies en krete.

Die laaste storie wat bespreek word, is die spraakvryheid van Joe Rogan. Soos Podlitiek bedryf Rogan ʼn podsending waartydens hy allerlei gaste nooi en oor allerlei temas gesels. Na die smaak van heelwat Amerikaners het Rogan rassistiese woorde kwytgeraak, en verkeerde inligting oor Covid-19 versprei, en moet hy dus “gekanselleer” word. Heelwat ander, soos die Podlitiek-paneel, voel dat spraakvryheid ʼn sleutel tot ʼn gesonde samelewing is.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk. 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Akhenatha ·

Joe Rogan het nie verkeerde inligting oor Covid versprei nie – net die waarheid. Hy is ook nie gekanselleer nie. Inteendeel RUMBLE het hom oorgenooi en baie meer geld aangebied. Op die ou einde is diegene wat Joe probeer sink het, gekanselleer en Spotify het Joe ook meer geld aangebied.

Harley Davidson ·

Wanneer gaan die Eff se malema en ndlozi dan verhoor word vir die kriminele klagte van aanranding van ‘n senior polisie beampte,malema se 10% party sal val sodra malema gevonnis word.

Janice du Plessis ·

Dagsê Casper
Dankie vir jou kommentaar.
Podlitiek is ‘n woordspeling tussen “politiek” en “podsending”.
Podlitiek is ‘n weeklikse podsending waar ‘n paar kenners die afgelope week se politieke gebeure bespreek.
Ek hoop dit help.
Groetnis,
Janice,
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.