Podlitiek: Eish, Ace! Ai tog, Bird Island! Fokus, DA!

ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule (Foto: Itumeleng English/ANA)

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie week se energieke episode bekyk Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff die verwikkelinge rakende Ace Magashule, die Bird Island-fopnuus en die DA se vooruitsigte vir 8 Mei 2019.

Die span spring weg met die nuus dat Ace Magashule, berugte ANC-hoofsekretaris, tydens ’n deur-tot-deur-werwinsgsveldtog die afgelope naweek geld aan ’n gesin oorhandig het. Dit kon so amper voorkom asof Ace stemme wou koop, maar hy meen hy het die gesin se leë yskas gesien en besluit om te help. Hoe suiwer sy intensies werklik was, kan bevraagteken word, en die Podlitiek-paneel wonder saam daaroor.

Volgende kyk die span na die boek Die seuns van Bird Island, en hoe hierdie boek, wat reeds in 2018 op Suid-Afrikaanse rakke verskyn het, nou weer die nuus haal. Dit volg nadat verskeie koerante, onder meer Rapport, om verskoning gevra het dat hulle die bewerings in die boek as feite aanvaar het, terwyl dit nou voorkom asof groot dele daarvan spekulasie was.

In stede van ’n derde onderwerp gaan Podlitiek voort met hul insetsel: Politieke X-strale – en vandag fokus hulle op die DA. Waar kom hierdie party vandaan, wat is hul oorhoofse beleidsposisies en wat verwag die Podlitiek-span van hulle in die 2019-verkiesing en daarna?

  • Met die nasionale verkiesing om die draai, kan jy nie bekostig om agter te raak met politieke nuus en gebeure nie – luister Podlitiek en bly op hoogte en ingelig! Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Selfseermaak DA ·

Vir n blanke om DA te stem is niks anders as self seermaak sindroom nie. Waarom stem vir n party wat jou grond, werk en organisasies wil verder transformeer met ander woorde wegvat, terwyl daar n sterk party is wat direk aan jou kant is.

Birdskandaal ·

Doen asb n artikel oor die betrokkenes by die birdeiland boek, en laat Gerrie hulle vervolg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.