Podlitiek: Elektrisiteitsminister se planne op, Vrystaatse afvalwaterflop, Biden hou 2024 dop

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek Ernst van Zyl, Arno Roodt en Paul Maritz ʼn paar groot stories vir die week. Skaars het sy amp begin, of die nuwe minister van elektrisiteit se planne is so min soos Eskom se reserwekapasiteit. Wat stink in die Vrystaat, vra Arno, en Paul bespreek Oupa Joe se toekomsplanne.

Hierdie en ander vrae op Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk, Reiner Duvenage en Arno Roodt.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kiepie ·

Julle noem van die “positiewe” tendens dat mense besig is om sonpanele op te sit. Probleem daarmee is dat die verkoop van elektrisiteit die hoof bron van inkomste is vir meeste munisipaliteite. Hoe meer mense dus van die stelse af gaan (off the grid) hoe meer word daardie inkomstestroom uitgekalwe en gaan dit uiteindelik die vermoeë van munisipaliteite om ander dienste te lewer beïnvloed.
Munisipaliteite sal strategies hieroor moet besin. (Ek is bewus van die ironie in my stelling)

melaney ·

Iemand sal vir Joe aan die hand moet lei sodat hy die pad nie byster raak nie. Ek het ‘n sterk vermoede wie se hand dit gaan wees. Maar Joe gaan die verkiesing in elk geval misloop.

Werner ·

Ek mis Podlitiek op Apple Podcasts so baie. Ek sien dit is beskikbaar op Spotify onder Maroela Media, maar net die ou Podmedia een is op Apple beskikbaar en is laas in Feb opgedateer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.