Podlitiek: Facebook geskok, DA se onderrok en by Coligny gejok

Die omstrede reklamebord in Johannesburg se middestad. Foto: DA

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die kontemporêre Suid-Afrika kan mooi beskryf word deur die bekende woorde van Charles Dickens. Ons land beleef werklik terselfdertyd die beste asook die slegste van tye. Tye van wysheid en tye van dwaasheid.

Hierdie week bespreek Podlitiek vier van die gebeure in hierdie kontrasterende tye, naamlik die skokkende Facebook-video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en die beweerde onthullings oor die Coligny-moordsaak, asook gebeure in Zimbabwe.

Paul Maritz begin die episode deur te gesels oor die Facebook-video wat die rondtes die afgelope week gedoen. Dié video beeld die interaksie tussen onderskeidelik ’n swart man en wit bedelaar uit, waar die swart man nie R2 aan die wit bedelaar wil gee nie omdat “wit mense moordenaars” is. Die Podlitiek-span vestig die aandag daarop hoe hierdie interaksie boekdele spreek van hoe sommige Suid-Afrikaners rasverskille in Suid-Afrika sien, en hoe dit gereeld op verwronge wyses gebruik word.

Daniel du Plessis vat die gesprek verder deur te gesels oor die DA se nuwe verkiesingsveldtog. Die DA het ’n banier bekendgemaak waar die name van die slagoffers van die Marikana- en Life Esidimeni-tragedies en puttoilet-sterftes gelys word. Maritz glo dat hierdie ’n goedkoop strategie van die DA is en dat dit nie gepas is om die name van hierdie slagoffers om politieke redes te gebruik nie. Daniël Eloff stem egter nie saam nie en argumenteer dat dit suiwer as ’n politieke strategie gesien moet word en niks meer nie. Die span se verskille oor hierdie onderwerp, wys duidelik op die omstrede aard daarvan.

Daarna draai die gesprek na die beweerde bekendmaking van ’n hoofgetuie in die Coligny-moordsaak wat moontlik ’n verskil kan maak in die saak se uiteindelike beslissing. Paul en Daniel stem saam dat hierdie net nóg ’n geval is waar Suid-Afrikaners vinnig en sonder die nodige feite afleidings maak en dat almal van ons daarteen moet waak.

Die gesprek sluit af met ’n bespreking oor die chaos in ons noordelike buurland Zimbabwe. Die span bespreek vlugtig hoe dit situasie gevorder het tot waar dit tans is en of lande ’n morele plig het om in te gryp.

  • Is jy dalk onseker oor ons land se toekoms? Voel jy oningelig oor politieke kwessies wat aan die orde van die dag is? Dan is Podlitiek die ideale instrument om jou opinie mee te slyp! Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frik Lotz ·

DA se dae is getel en is besig om vinnig uit te loop. Enigste logiese alternatief om voor te stem is VF Plus. So maklik soos dit!

Barend ·

Ek stem heelhartig saam. Ten spyte daarvan dat ons so min is, kan ons tog baie bereik deur ons kragte saam te snoer in ‘n eie politieke party.

Chris ·

Die enigste alternatief na die DA se vele eierdanse is die IVP. Prins Buthelezi tree binnekort af as leier maar het n werklik baie dinamiese span jong mense wat reg staan om die party vorentoe te neem. Lankal nie meer eksklusief ‘n Zoeloe kulturele party nie, maar ‘n politieke party wat die nuwe SA weer rigting en waardes kan gee

Hendrik ·

Ek sal werklik nie my stem mors op die IVP nie. As jy dan nie vir die VF+ wil stem nie, stem vir COPE of die ACDP. Die Zoeloe-basis van die IVP is Zuma en sy trawante nog steeds baie goedgesind.

John ·

?.. en nou gaan die DA uitbetalings moet doen aan die Marikana- en Life-slagoffers… die blaam verskuif weg van die ANC. Slim het sy baas gevang. So waarheen nou? Na die Pieter-party of .. ‘n lekker rusdag tuis? En die ANC loop los voor, terwyl Zuma se CD in die agtergrond draai…

Gert ·

Die DA se lys van ANC slagoffers is korrek en heeltemal onvolledig, voeg daarby die mense wat weggewys word van staatshospitale, padongelukslagoffers wat nie beskerm was deur die toepassing van verkeerswette nie. Die DA se strategie was korrek en moreel regverdig want dit is n pad na voorkoming daarvan, hulle het net die waarheid gepraat en as hulle of enige van die ander goeie partye wen kan hulle dit stop. En ja ons politiek het so verval dat radikale verkiesingstrategiee noodsaaklik is vir opposisiepartye anders gaan ordentlikheid hulle laat uitval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.