Podlitiek: Familie-wynplase op pad na hof, gelykheid by Unisa byt in die stof

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Foto: Saai)

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek en ontleed Ernst van Zyl en Paul Maritz twee van die week se vernaamste nuusstories.

Die gesprek begin met die hofproses wat van stapel gestuur is deur meer as 140 wynboere teen die regering, vernaamlik minister Nkosazana Dlamini-Zuma, om die verbod op wynverkope op te hef. In ʼn saak wat Podlitiek se eie Daniel Eloff in die ring sien, oorweeg Ernst en Paul die meriete en bevoegdheid van die Suid-Afrikaanse regering, of dalk eerder die afwesigheid daarvan.

ʼn Volgende storie wat bekyk word, is die opmerkings van Muhammad Zakaria Asmal, ʼn Unisa-dosent, aangaande die Britse akademikus Nicoli Natrass. Asmal vergun homself die geleentheid om Natrass op ʼn rassistiese, seksistiese wyse aan te val, maar noem alles dan maar “satire”. In reaksie op die optrede deur AfriForum het Unisa maar genoem dat hulle tans nie veel gaan doen nie, maar wel optrede sal oorweeg as Natrass self aandui dat sy ʼn probleem met hierdie opmerkings het.

Soos pres. Cyril Ramaphosa se opdaterings kom Podlitiek weekliks na jou toe.  Onthou om die skakel na die podsending met jou vriende te deel!

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.