Podlitiek: Februarie-verkiesing en reaksie op plundering

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Argieffoto: Henk Kruger/African News Agency)

Daniël Eloff en Ernst van Zyl is terug agter die mikrofone om hierdie week se gebeure te ontnonsens.

Dié episode van Podlitiek fokus op die verslag van oud-adjunkhoofregter Dikgang Moseneke aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie wat voorstel dat die munisipale verkiesing van vanjaar uitgestel moet word tot Februarie 2022. Daniël wys daarop dat hierdie voorstel in die ANC se guns is, siende dat die party nie so gou ná die pandemie en die onlangse onluste mense by die stembus wil hê nie. Ernst wys uit dat dit vreemd is dat die EFF homself skaar by die ANC in dié geval. Volgens Ernst sou ʼn virtuele verkiesing die EFF gebaat het.

Ernst draai die gesprek na die vreemde en gemengde reaksies wat ons die afgelope week gesien het rakende die onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal. Die sprake dat die onluste as ʼn staatsgreep gesien moet word, word sterk deur Ernst én Daniël gekritiseer. Volgens die Podlitiek-span gebruik die faksies binne die ANC dié narratief vir eie politieke gewin.

Die episode sluit af met ʼn bespreking oor hoe Suid-Afrikaners hulself staatsbestand moet maak en dat verandering op ʼn klein skaal uiteindelik ken lei tot werklike en noemenswaardige verandering.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.