Podlitiek: Feite, uitlatings en leuens by die dosyne

blf-t-hemp-land-or-death

Sommige BLF-ondersteuners wat geklee was in T-hemde met die bewoording op die rug, “Land or Death”. Foto: Verskaf.

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span leuens en BLF-persverklarings. Hulle kyk verder na die dispuut tussen AfriForum en die VF Plus, Daniel Friedman se uitlating by die Ahmed Kathrada-stigting se paneelbespreking asook die BLF se bewering dat die Weste siklone veroorsaak.

Die episode word ingelei met die groot storie binne die Afrikaanse politieke kringe dat dr. Corné Mulder in ʼn onderhoud gesê het dat hy nie saamstem met die benadering wat Ernst Roets van AfriForum volg nie wanneer dit kom by sake soos grondonteiening sonder vergoeding. Daniël Eloff wys daarop hoe dit belangrik dit is met enige nuusgebeure om 48 uur toe te laat om presies agter die kap van die byl te kom. Paul Maritz glo dat dit hartseer is om te sien dat die Afrikaanse gemeenskap verdeel word tussen groepe en partye wat grootliks op beleid met mekaar saamstem.

Die gesprek draai dan na die redakteur van The Citizen, Daniel Friedman, wat onlangs op ’n paneelbespreking die uitlating gemaak het dat alle regse rassiste eenvoudig voor die voet doodgemaak moet word en dan sal Suid-Afrika se probleme opgelos wees. Maritz beklemtoon dat vryheid van spraak nie gebruik kan word om ander mense se regte te raak nie, maar Eloff argumenteer dat spraak geduld behoort te word in soverre dit nie onmiddellike geweld of skade aanhits nie.

Om die plaaslike nuus mee af te sluit, bespreek Maritz en Eloff die BLF se bewerings dat die tropiese sikloon Idai wat Mosambiek verlede week getref het, deur die Weste veroorsaak is. Hierdie blyk eenvoudig ʼn desperate poging deur die BLF te wees om in die koerante se hoofopskrifte te bly. Wat egter skokkend is, is dat dit wel gewerk het en dat die BLF aansienlik meer aandag geniet as wat hulle as ʼn party behoort te geniet.

Om mee af te sluit, kyk die span na die Mueller-verslag in die VSA waar Robert Mueller bevind het dat daar geen sameswering ter sprake was tussen die Donald Trump 2016-verkiesingsveldtog en Russiese invloede nie. Die verslag dui verder daarop dat daar geen bevinding oor dwarsboming van die gereg gemaak kan word nie. Hierdie lyk soos ʼn oorwinning vir die Republikeine en Donald Trump wat met sekerheid kan sê dat hulle die 2016-verkiesing op ʼn regverdige wyse gewen het.

  • Sukkel jy om kop of stert uit te maak van die Suid-Afrikaanse politiek? Dan is Podlitiek die slypsteen wat jy nodig het om ʼn skerp en spitsvondige politieke mening te ontwikkel. Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jerry ·

Wanneer Mnr. Haan (VF) vir kapokhaantjie (AF) in die bek ruk dan dink ek nie ons moet probeer om meer daarin te lees as dat dit net n tik oor die vingers is.

Veritas ·

“Land or Death” lees die slaspreuk op die vrou se hemp. Wat sal gebeur as ek nou AWB uniform aantrek en daarop skryf ‘Equality or Death’? Sal dit ook aanvaarbaar wees?

Schalla ·

BAIE goeie vraag….. Ek vermoed as jy selfs net oorleef vir 3 ure sal jy virseker teen daai tyd al arresteer en in die tronk gegooi wees

Daar le die ding. ·

Verita, ek daag jou om ‘n T hemp te maak, wat voor op se “Land or Death” en agterop se “Equality or Death”. Ek wonder wat sal dan gebeur? Ek kan help om sulke “T’ Hemde teen n koste van R150.00 elk te maak (posgeld uitgesluit) dan spreek ons n dag net voor die verkiesing plaasvind en dan dra ons almal dit.

Michael ·

Daar le die ding ” Dit sal werk as ons almal met jou hempies gaag stem .

Hans Richardt ·

My die moskee aanval onlangs waarin krimineel 50 mense geskiet het, sal jy waarskynlik wit verregse terroris geëtikeer word.
Wit vroue dryf die liberaliste se veldtogte wêreldwyd, teen enige-iets patrioties. Enige-iets wat na seperetisme klink weg van geforseerde etniese amalgamasie beleid, word nou summier verregs genoem.
Dikwels moet mens, volgens Mao Tse Dong se Art of warfare, nie die aandag vestig op wat jy as deel van kollektief beoog, beplan of doen nie.
Onthou dat die stryd op 4 vlakke gevoer moet word, nl:
Sosiaal
Ekonomies
Polities
Para-Militêr (beskermingsdienste en gemeenskap beveiliging, eerder as vir aanvalle op bepaalde groepe).
Die vlak van emosionele intellek wat vereis word in hierdie tye, is baie hoog.
Mao het bv christen sendelinge nie aangeval in plattelandse China nie, want hul het onderwys aan sy potensiële ondersteuners gegee, lees en skryf, wat hom instaat gestel het om sy boodskap aan anders onopgevoede potensiële basis te kry. Improvisasie is antwoord en om die omstandighede eerder as geleentheid, nie as bedreiging te beleef nie. Hierdie aanslag moet op nie-liniêre oorlogvoering tegnieke berus.
Om na jou stelling terug te kom, sulke optrede van wit sal te veel aandag vestig en wit in posisie as “bedreiging” teen oormag van meerderheid laat. Mao het ook geskryf dat jou optrede nie onnodige aandag moet vestig op jou aksies nie.

Dries du Toit ·

Dr. Corne Mulder moet asb tog nie nou die hoop laat vergaan dat die Afrikaner besig is om saam te staan nie. Dit sal so baie hoopvolle Afrikaners bitter seer maak. Ons het nie nog n Andries Beyers nodig nie

Therese van Schalkwyk ·

Dries,
Stem saam.
Dit is iets wat dié twee Afrikaners eerder van aangesig tot aangesig kon bespreek.
Die aanslag teen Afrikaans en die Afrikaner uit alle oorde is rééds erg genoeg soos dit is.
Maar nou ja, hoewel teleurstellend, verbaas niks meer deesdae nie.

Groot respek vir Ernst Roets wat hierdie omstrede kwessie in ‘n gesprek met Hermann Giliomee in fyner besonderhede bespreek het. Hy behoort die galg nadese vry te spring.

Fran ·

Her julle geweet die vuis simbool wat op die logos van die ANC, EFF, BLF, Cosatu en ander wys hulle staan eintlik saam?

Gys ·

Friedman, ek dink nie dit sit in jou dun Joodse armpies om al die land se regses dood te maak nie.

Hans ·

% raskwotas vir onteiening regverdiging, is onbillike argument, want % swart bevolkingsaanwas is baie groter as % wit bevolkingsaanwas. Het ons land van % raskwotas geword? % raskwotas met vaardighede?

Piet ·

Dit is ñ redelike bron van kommer dat kwotas soveel gesag kry. Hierdie groot verskil in die geboortes van ons land gaan maak dat proporsioneel al minder hulpbronne vir die Afrikaner beskikbaar gaan wees :-(

Hans Richardt ·

Piet, jy verstaan my argument baie goed.
Met % raskwotas, word wit Afrikaners onder druk en gedwing om etnies te amalgameer.
Ons word bv geteiken as verregse seperatiste deur iets soos Facebook. Maw sedert die voorval in Nieu-Zeeland, word sg wit nasionalisme geteiken globaal, sonder om onderskeid te tref tussen fanatisme en kultuurgroepe se kollektiewe strewes. Patriotisme word probleem globaal en word nou verregse ekatremisme genoem. Alle ismes het ‘n probleem. Liberale fanatisme is deesdae die politieke korrekte retoriek…
Grense word daagliks deur liberale getoets, wie dit nie self in hul eie lewens toepas nie, maar dit vir ander as polities korrek voorskryf. Alles is baie subjektief.
Die neiging gee my ‘n hol kol op my maag.

Gustav ·

Sal Daniël Eloff nog steeds argumenteer dat spraak geduld moet word indien iemand sou sê dat alle Eloffs vermoor moet word?

John ·

Nou hoe nou? Connie Mulder jok jare gelede in die parlement oor die bevondsing van The Citizen en nou pik Friedman na die same-ste Afrikaners wat sy koerant gehelp het. Wat het ons Pietertjie nou te sè? Die swartes wou Apartheid stop want hulle wou ten alle koste ‘saam’ doen. En nou? Nou wil hulle apartheid hè met net hulle aan die stuur… die wittes moet weg… uit…

Gustav ·

As ek moet kies tussen Friedman die jood en organisasies soos Hamas en Hizbollah, raai wie se kant sal ek kies?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.