Podlitiek: Ferial laat ons lag, SAL weier ontslag, DA is met Lesufi sag

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Soos die SAL, vlieg Podlitiek weer – die verskil is natuurlik dat Podlitiek nie vir agt dae lank immobiel was nie, en dat Podlitiek nie verlede jaar ʼn verlies van meer as R5 miljard rand getoon het nie.

Hierdie week bespreek die viermanskap van Podlitiek ʼn paar nuusgebeure wat Suid-Afrikaners se koerante en nuustoepassings oorheers het.

Hermann spring weg met ʼn bespreking oor die stand van Suid-Afrikaanse politiek, en Ferial Haffajee se onlangse opmerkings dat ook John Steenhuisen en Gwen Ngwenya van die DA nou as regs beskou moet word. Hoe ironies, dink Podlitiek by hulself, dat die einste Haffajee as regs beskryf is deur Irvin Jim. Al hierdie oor-en-weer moddergooiery en pogings om mense in boksies te druk, maak dit vir Podlitiek duidelik dat niemand regtig meer weet wat beteken regs, links, of sentrum, in die Suid-Afrikaanse politiek nie.

Volgende lei Ernst ʼn gesprek oor Panyaza Lesufi in. Daar is steeds duisende kinders wat nie vir 2020 geplaas is nie, en Lesufi se afdeling het, soos getroue Podlitiek-luisteraars sal weet, finansiële en interne uitdagings. Tog het die opposisieparty homself aan meneer Lesufi se kant gestel deur AfriForum en die IRV as onredelik te beskryf in hul kritiek van Lesufi.

ʼn Volgende onderwerp is, soos reeds ingelei is, die moeilike situasie waarin die Suid-Afrikaanse Lugdiens homself tans bevind. SAL en die twee vakbonde wat die agt dae lange staking by SAL gelei het, Numsa en Sacca, het ingestem op ʼn verhoging van 5,9%, met ʼn lekker bonus vir werkers, in die sin dat hierdie verhoging terugwerkend tot April vanjaar is. Die vraag wat op almal se lippe is, ook op die van die Podlitiek-span, is hoe op dees aarde SAL hierdie R72 miljoen per jaar gaan bekostig, en of hulle enige plan gemaak het om dit te doen.

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit: Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Feite ·

Die opposisiepartye, ingesluit die VF is in n ellendige desperate gyselaarsituasie, gemeet teenoor die regerende party wat al die pad bank toe lag, al is dit net oor die kort en medium termyn waarna daar nie meer geld gaan oorwees om bank toe te lag nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.