Opgestel deur die Podlitiek-span
Hierdie week se nuus is gedomineer deur een sentrale tema: Afrika. Hetsy dit gegaan het oor sy ekonomie, sy mense, of sy stabiliteit, hierdie landkolossus wat ons ons tuiste noem, gaan gebuk onder groot vraagstukke.
Paul Maritz, Ernst van Zyl, en Daniël Eloff bespreek die nuusgebeure van die week. Eerstens kom die sterfte van Robert Mugabe, en die huldeblyke en veroordelings wat daarmee gepaard gegaan het, aan die beurt. Die idee dat mense op grond van hul velkleur met geweld verdryf kan en mag word, is ’n idee wat deur Mugabe se regering vervolmaak is. Hierdie gevaarlike en veroordelingswaardige mentaliteit word nietemin deur verskeie Suid-Afrikaners gevier, en Mugabe word as held gehuldig. Podlitiek kyk na die manier waarop Mugabe se eie mense van hom dink, en maak hul afleidings vervolgens.
Volgende kom Ace Magashule aan die woord. Om al die politieke redes waarom Ace Magashule al deur Podlitiek bespreek is, is dit juis vreemd dat sy rassistiese op- en aanmerkings oor wit mense hom hierdie week in die paneel se monde plaas. Is Magashule se uitsprake oor verskillende rassegroepe in Suid-Afrika ’n aanduiding van wat Suid-Afrikaners te wagte kan wees in die volgende jare, namate Magashule ’n magsbasis om hom sentreer?
Laastens word daar gekyk na hoe Nigeriese politieke partye teen Suid-Afrikaanse maatskappye opruk, in reaksie op die Xenofobiese aanvalle teen hul landsburgers. Met planne soos om aandele van Suid-Afrikaanse maatskappye in Nigerië te nasionaliseer, het hierdie land in Noordwes-Afrika sonder enige twyfel die aandag van Suid-Afrika, of ten minste, van die besigheidsektor.
Soos soveel ander dinge, het dit onbekostigbaar geword om nie te weet wat in die wêreld om jou aangaan nie. Luister Podlitiek. Weet meer.
Die leiers en politici van Afrikane in Afrika kon regdeur hulle geskiedenis nog altyd net oplossings vind deur geweld met die doel om te intimideer, plunder en te nasionaliseer en net om wanneer die geld opdroog daarna weer nasionalisering te verslap sodat beleggers en maatskappye weer die ekonomie herstel en ook net om dan weer die proses te herhaal wanneer die geleentheid dit weer voordoen. Dit blyk maar net al manier te wees hoe hulle oorleef en dus verkies om te leef, daarom dat hulle so goed inpas by die kommunisme, sosialisme, marxistiese pan afrikanisme.
Jy slaan die spyker op sy kop Jerry
Jy kan vir jouself dink wat gaan in die koppe aan van hulle wat Bob vereer
Het ons werklik al die geleenthede oor baie jare voordat SA ‘n demokratiese bestel aanvaar het, reg gebruik ? deur mense saam met ons te neem die toekoms in, sodat die probleme wat ons vandag ervaar voorkom kon word? Is daar nie maar ‘n tweede kans in hierdie opsig nie?
Ons moet maar net sorg dat ons gereed is vir wanneer malema en ace hulle hulle planne met ons wil deurvoer.
… die saamvat en saamval is die ding. ‘n Skuldige gewete oordat ons… wat nie gedoen het nie? Wat sou saamvat beteken? Daar is nog geleentheid om van die weggooikinders aan te neem en hulle alles te gee en te laat erf op jou naam. Gee jou werk weg aan ‘n werklose en jou kind se eiendom aan die eerste wat voordoen… en weet daar is nog 60 milj plus wat woedend is dat jy is en hulle is… en hulle is meer as jy is en dus meer verdien… Die tyd is nou!