Podlitiek: Gareth praat hard, kleredragreëls benard en Obamagate-ondersoek op pad

Opgestel deur die Podlitiek-span

Gareth Cliff. Foto: Facebook

Anders as die president van Suid-Afrika, kommunikeer Podlitiek graag met hul luisteraars. Juis daarom bring hulle ook ’n episode vol feite aan getroue luisteraars, waar hul relevante nuuskwessies ontleed, ondersoek en, soos hulle dit self stel, ontnonsens. Hierdie week is drie sake op die tafel.

In ’n episode van The Big Debate, het die radio-omroeper Gareth Cliff ’n gesprek met ’n aktivis en nagraadse student Jamil Kahn gehad oor die heropening van die land se ekonomie. Die debat was vurig, maar wat van groter belang is, is die foutlyne wat dit uitgewys het in die denke van baie wat meen dat die risiko’s van hongerte en ’n platgeslope ekonomie klein en beheerbaar is.

Volgende kom die regering se pedantiese reëls oor kleredrag aan die beurt.  Die Podlitiek-span is stomgeslaan oor die absoluut ondeurdagte regulasies wat minister Ebrahim Patel bekendgestel het en wat, onder meer, bepaal dat hemde net verkoop mag word indien dit onder ’n baadjie gedra word.  Nie net is die reëls absurd nie, die blote feit dat ’n regering homself die reg toeëien om só ’n absurde maatreël in te stel, is kommerwekkend vir Podlitiek, en behoort so te wees vir enige luisteraar.

Derdens kom die Amerikaanse politiek ter sprake. Met die presidensiële verkiesing ’n halwe jaar weg, het die stryd tussen die Republikeine en die Demokrate waarlik vlam gevat. Die jongste kinkel in die kabel is president Donald Trump se opmerkings oor wat hy en sy administrasie noem “Obamagate” – ʼn veldtog wat skynbaar van stapel gestuur is om Trump se presidentskap tot ʼn einde te bring. Hierdie storie sal nog vleis ontwikkel, maar Podlitiek kyk waar die storie tot dusver trek.

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theo ·

Weereens ‘n baie interessante gesprek met goeie argumente en logiese redenasie. Dankie. Met betrekking tot die verwysings na China in die gedeelte oor die inperkings wil ek ‘n punt of twee uitlig en voorstel dat die gesprekspan hulle sienswyses oor China herkalibreer. Om China, Kuba en Noord Korea oor dieselfde kam te skeer uit ‘n ideologiese oogpunt is foutief. Hulle verkil dag en nag in terme van ideologie en die implimentering daarvan. (Dit beteken nie dat hulle geen ideologie van sentrale beheer het nie maar die toepassing verskil) As voorbeeld wys ek op die toepassing van die staat van inperking in China wat geweldig prakties geïmplementeer was. Dit was effektief toegepas met verskille grade van inperking afhangend van die erns van die uitbraak in elke streek, kommunikasie van die regering was duidelik, hulp was maklik verkrygbaar en het die minimum ontwrigting veroorsaak. Alle noodsaaklikhede was deurgaans beskikbaar insluitend tabak en alkohol – net as ‘n voorbeeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.