Podlitiek gesels met Ernst Roets

Opgestel deur die Podlitiek-span

Ernst Roets (Foto: AfriForum)

Min mense is so gereeld in die nuus soos Ernst Roets van AfriForum.

Oor die afgelope paar jare het Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, veral die kollig op hom gerig met sy boek Kill the Boer, sy besoeke aan die buiteland om die wêreld in te lig oor wat in Suid-Afrika aan die gang is, en hofsake in die belang van AfriForum se lede.

Die Podlitiek-span besoek Roets virtueel in sy huis vir ‘n uur lange onderhoud oor waar hy vandaan kom, hoe hy groot geword het, en waarom hy doen wat hy doen. Luister gerus na hierdie onderhoud om een van Suid-Afrika se voorste jong denkers van naderby te leer ken.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Ek wou al by Afriforum aansluit maar ER weerhou my daarvan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.