Opgestel deur die Podlitiek-span
In hierdie onderhoudepisode van Podlitiek gesels Paul en Daniël met Ian Cameron van Action Society en firearms.co.za.
Cameron is ʼn spesialis op die gebied van wapens en gemeenskapsveiligheid, en bespreek onder meer die toestand van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die stand van veiligheid in Suid-Afrika, en hy gee advies oor wat om te doen wanneer jy jouself in ʼn misdaadkrisis bevind.
Hierdie onderhoudepisode is perfek vir die luisteraar wat wonder oor veiligheid, wapens, en hoe om jouself te beskerm.
Luister Podlitiek.
- Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.