Podlitiek: Goeie munisipaliteite skaars, en ANC-gyselaars

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die Podlitiek-span bespreek die week vlugtig vier uiteenlopende kwessies.

Heel eerste word daar gekyk na die idee van koalisiemunispaliteite, en veral die woede wat die DA tans ervaar. Dit ondanks die onvermoë van die ander partye wat munisipaliteite bestuur om dit effektief te doen.

ʼn Tweede storie wat aangeraak word, is die krisis wat hom tans by die Beitbrug-grenspos afspeel, waar vragmotors vir meer as 50 km staan en wag om oor die grens te kom. Berigte lui dat misdaad ʼn rol begin speel, met trokbestuurders wat eintlik maar in hul trokke vasgevang word. Podlitiek vra, nie vir die eerste keer nie, wat op aarde gaan daar aan?

ʼn Derde storie is die MK-veterane wat onlangs staatamptenare by die St. George-hotel as gyselaars aangehou het, en die agtergrond tot die storie. Dit kom voor asof die ANC se beloftes hulle een vir een begin inhaal, en hierdie affêre is maar net nog ʼn paragraaf in die groter treurmare.

Laastens raak die paneel vlugtig aan die idee van verpligte inentings wat op universiteitskampusse dreig. Hoe vry is ons werklik as ons nie meer seggenskap het oor wat ons in ons bloedstroom inlaat nie, vra Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shakespeare ·

Woorde ontbreek my want die verwoesting hou net nie op nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.