Podlitiek: Is pakslae iets van die verlede? Is die DA se toekoms vergete?

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die flinke nuusleser sou in die afgelope week raakgesien het dat Greta Thunberg, ʼn Sweedse 16-jarige meisie, al die opskrifte oorheers het. Siende dat dit die tendens word dat jongmense die nuus oorheers, waag Podlitiek se paneel ook maar ʼn paar menings van hul eie – ter wille van die nuusleser wat graag ʼn opinie-sousie saam met die feite wil hê.

Hierdie week is Paul Maritz, Ernst van Zyl, Daniël Eloff en Hermann Pretorius as gedugte (of dalk berugte) viermanskap oudergewoonte op hul pos. Paul spring weg met ʼn bygewerkte weergawe van verlede week se gesprek oor meneer Panyaza Lesufi. Soos ʼn wafferse branderplankryer het Lesufi die afgelope week die nuusgolwe in Suid-Afrika gery. Van woedend uitstorm by onderhoude tot meningstukke na mediahuise tot die standaard polariserende twiet – alles wat dié week by hom uit te snuffel is. Podlitiek, spoel oudergewoonte die mond oor die geagte LUR.

ʼn Tweede onderwerp wat ter bespreking na die tafel gebring word, is weer eens maar die DA. Met die gerugte van ʼn nuwe leier wat vanuit verskeie oorde geopper word, wonder Podlitiek saam met die jongste statistieke wat die toekoms van hierdie party aan die hand van nuwe verwikkelinge behels. Hermann, veral, neig na die optimistiese kant, met Paul wat poog om sy bande so effens af te blaas.

Die volgende hou wat die Podlitiek-span toedeel, is ook die laaste hou vir hierdie episode, en die laaste hou vir baie ouers. Met ʼn kardinale uitspraak oor lyfstraf deur ouers aan hul kinders, het die Suid-Afrikaanse regering nogmaals bevestig dat hy homself, soos wat die Kinderwet stel, as die hoogste voog oor alle kinders beskou. Met hul ingebore wrang teen ʼn groot en magshonger regering, ontleed Podlitiek hierdie fenomeen, en hoe ons tot hier gekom het in die eerste plek.

Podlitiek is dalk nie seker wat ʼn mens alles meer geoorloof is om te doen nie. Waarvan ons wel seker is, is dat dit goed is om Podlitiek te luister. Doen dit. Luister Podlitiek.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KrokodilBotha ·

DA met n nuwe leier is nog dan steeds die ANC lite. Geen verskil nie.

susan ·

DA se toekoms vergete en kinders gaan nog pak kry want anders is almal soos die DA

Wilhelm ·

Ek stem saam die DA moet ‘n nuwe leier kry, maar hulle moet ook hul BEE beleid verander… i.e. hulle sal teen BEE moet draai as hulle ernstig is oor die verlore stemme terugkry. Ek dink die DA is reeds te vêr af op die BEE pad in hulle eie geledere, om te doen wat nodig is. Ek stem ook heeltemal saam dat gemeenskappe hul toekoms in eie hande moet neem, sluit aan by organisasies wat reeds sterk is soos Solidariteit en Afriforum. Die staat beteken niks en gaan net verder agteruit gaan.

aj ·

Die ANC het nou die kinders ook “genasionaliseer”! Gaan laai daai stout kind af by Mogoeng se hof! Vryheid om te kan uitsprake maak moet gebalanseer word met verantwoordelikheid. Kyk na die kinders!!! …. ha … ha…

Die DA is GA! … poeGAai !

Elred Ferreira ·

Die DA is geskiedenis, hulle skop van die minderhede in die tande om meer aantreklik te wees vir swartes het klaaglik misluk. Hulle het honderde duisende minderheid stemme verloor, en beswaarlik meer swart stem gekry…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.