Podlitiek: Korona hier en daar, kyk hoe die ANC en EFF liefde verklaar…

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die nuwe koronavirus Covid-19. (Grafika: CDC/Alissa Eckert, MS; Dan Higgins, MAM via Wikimedia Commons)

Suid-Afrika, en bykans die hele wêreld (so kom dit voor,) is in kwarantyn, selfisolasie, of in een of ander vorm van afsondering. Juis in sulke tye bring Podlitiek die feite, met hul eie unieke kommentaar en sienings op huidige gebeure.

Die groot storie, beide polities en ekonomies, is die nuwe koronavirus (Covid-19), en hoe Suid-Afrika en die wêreld daarop reageer. Plaaslik was daar teen Woensdagoggend 116 bevestigde gevalle. Met ʼn ramptoestand wat aangekondig is, word verskeie maatreëls nou in werking gestel deur die regering en deur die meeste organisasies om seker te maak dat hierdie virus se verspreiding gedemp word.

Internasionaal het ʼn paar interessante dinge gebeur, met China wat ewe skielik op plaaslike platforms stel dat hierdie virus in die VSA sy oorsprong het en nie in Wuhan, soos wat tot dusver geglo is nie. Podlitiek glo dat hierdie opmerkings maar propaganda is, maar lande se uiteenlopende reaksies is interessant om dop te hou en te bespreek. Podlitiek sal in die voorsienbare toekoms kommentaar lewer, en die luisteraar voor die golf van virusnuus hou.

ʼn Laaste lekker storie wat bespreek word, is die broederliefde wat daar duidelik tussen die EFF se Julius Malema en die ANC se Fikile Mbalula is. Hierdie twee se oor en weer vleiery laat Podlitiek wonder of die rooies en geles nie in die nabye toekoms tog bymekaar sal uitkom nie. Podlitiek ondersoek die geskiedenis van Mbalula en Malema se vriendskap en wonder wat so ʼn koalisie of samesmelting vir die land sou beteken.

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.