Podlitiek: Lesufi sukkel met somme, EFF dreig met bomme

Panyaza Lesufi. Foto: Mia Slabbert

Opgestel deur die Podlitiek-span

Soos wat die jaar sy aftreeouderdom bereik en die pers bloeiseltjies in Pretoria eerder onder die bome lê as aan hulle hang, besef Podlitiek dat die rus steeds maar min is vir die Suid-Afrikaanse nuusleser.

Hierdie week is ʼn volbank van Podlitiek se viermanskap teenwoordig, en die stories waarna hulle kyk is die bomdreigemente wat die EFF gemaak het, die verkwisting van geld deur Panyaza Lesufi se departement in Gauteng, en die privaat vervolging van die moordenaars van die Bafana-ster Senzo Meyiwa.

Nadat pastoor en spreker Angus Buchan die opmerking gemaak het dat net Jode en Afrikaners ʼn verbond met God het, het Godrich Gardee van die EFF die opmerking op sosiale media gemaak dat kleefmyne tydens een van Buchan se volgende samekomste opgestel moet word. Nadat Gardee met vervolging deur, onder andere, Ernst Roets van AfriForum gedreig is, is die plasing verwyder. Podlitiek bespreek die lot van die sukkelende EFF, en die motivering wat Gardee tot sulke opmerking gedryf het.

ʼn Tweede storie is dat die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, se departement onlangs die hoofopskrifte gehaal het weens die ongewone spandering van hul afdeling en dat dit bykans ’n miljard rand in die afgelope boekjaar was. Alhoewel meneer Lesufi oor die syfers stry, wonder Podlitiek waarom meneer Lesufi nie ’n bietjie meer tyd aan sy departement spandeer, en ’n bietjie minder tyd op sy selfoon deurbring nie.

Die laaste plaaslike storie waarna Podlitiek kyk, is die bekendmaking van AfriForum se private vervolgingseenheid en dat hulle die voormalige Bafana-Bafana-doelwagter Senzo Meyiwa se familie gaan bystaan in die ondersoek na sy moord. Dit volg nadat die moordenaars van Meyiwa al vir bykans vyf jaar al die lang arm van die gereg ontduik, sonder dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens skynbaar te veel daaroor omgee.

In hul internasionale segment kyk Podlitiek ʼn bietjie na pres. Donald Trump van die VSA se politieke kanse, en die toestand van die tweepartystelsel in die wêreld se grootste ekonomie.

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sirkus ·

Alles is ‘n probleem vir die mense. Selfs jou taal en velkleur…

Alexz ·

Two and twenty hundred an four and ten thousand with thirty ten rand with five and 6 hundred cents, eish……
Wonder of hy en Zuma saam op skool was?
Sirkus, hulle het ñ geweldige probleem met die Westerse beskawing, en ñ groter probleem om alles op te gee wat die beskawing hulle gebied het.

Lewis ·

Dit klink vir my of dit baie slegter in SA moet gaan, voordat die regerende party tot hulle sinne kom en besef daar is ander oplossings, oplossings waaraan hulle nie nou wil dink nie. Wees net vir ‘n slag eerlik met julleself. Daardie draaipunt is nie ‘n droom nie.

Hans Richardt ·

Donald Trump sal nie verhoor word, want sy termyn verstryk in 2020. Dan begin sy 2de termyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.