Podlitiek: Lesufi van lotjie getik en De Ruyter en Eskom-terugblik  

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi. (Foto: Mia Slabbert)

Panyazy Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het die afgelope week weer sy mond behoorlik uitgespoel oor Orania. Lesufi het onder meer getwiet dat “Orania sal waai” en dat “julle kan gil en skreeu nes julle wil”.

Dit is nie die eerste keer dat Lesufi teen dié dorp in die Noord-Kaap uitvaar nie. Hy het ook voorheen met verwysing na Orania se geldeenheid en vlag gesê dit word net deur mense gebruik wat ʼn “sekere taal praat”.

“Die malligheid moet tot ʼn einde kom. Dit is verraad teenoor ons roeping vir ʼn werklik nierassige Suid-Afrika,” het Lesufi getwiet. Die Podlitiek-span gesels oor Lesufi se uitlatings en wys daarop dat dit weer verkiesingseisoen is en dat Orania gewoonlik in dié tyd onder die soeklig kom.

Die ander groot storie waarop daar die week gefokus word, is Eskom en sy hoof André de Ruyter. Suid-Afrikaners het die afgelope week weer onder beurtkrag gebuk gegaan en De Ruyter het tydens ʼn onderhoud gesê Eskom werk hard daaraan om te verseker dat daar nie tydens die verkiesing beurtkrag toegepas word nie.

Die Podlitiek-span neem die situasie by Eskom en De Ruyter se rol onder die loep.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bertie ·

Dit help seker nie om jou pêrels voor die swyne te gooi nie? Hulle is verstok in hulle kommunistiese ideologieë, dat geen gepraat insig sal bring nie.

Anoniem ·

Die skepsel was geruime tydjie tjoepstil, nou kom veretter hy my weer op ‘n Vrydag middag.

Casper ·

Lesufi hoekoom gaan sê jy dit nie vir die mense van Orania self nie of is jy te bang of te ruggraatloos soos in Gauteng.Daai mense bly rustig en pla niemand nie,los hulle uit.Ek kan jou waarborg gaan soontoe en jy gaan op jou m..r kry.Net so soos Malema.

Schalk ·

Dit moet moeilik wees om sukses in Orania te aanskou en jy weet dat jou regering misluk in alles.

Elize ·

Hoekom moet Orania waai, omdat dit werk?. Ai die jaloesie…..

MAGRIETHA ·

Pleks hy moet hom bepaal by onderwys en skole bou en skole herstel waar nodig asook veiligheid van skole dan sal dit seke betewr gaan

pompies ·

Die lewe is moeilik as jy voel dat jy ondergeskik is teenoor mense wat jy verduk om bo te bly. Lesufi wys ons waar jy enige iets gebou en onderhou het van belang vir die mense van SA is. Ek kan jou se niks maar niks en Oranie het uit niks maar niks to stand gekom en is opgebou deur die mense wat jy en jou broers en susters onderdruk hoe klink dit vir jou. Jy is baie jaloers Mnr. Lesufi jy het niks om te wys en op trots te wees nie.

Werner ·

Lesufi se maar net wat 98% vd swartes voel.Hulle sal agtergekom dat hulle maar kan raas en skree soos hulle wil.Hulle sal nie van ons ontslae kan raak nie hierdie is ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.