Podlitiek: Mandela – waar het hy gewen, verloor en hoe onthou ons hom

Oudpres. Nelson Mandela (Argieffoto.)

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hul eerste spesiale episode breek die Podlitiek-span hierdie week so ʼn bietjie die gewoonte van nuusonderwerpe, en fokus in op een onderwerp – spesifiek die werk en impak van oudpres. Nelson Mandela wat oor die algemeen helder en deurdagte kritiek, lof en analise vryspring.

Die paneel stel die episode soos ʼn Afrika-potjie op – dus met drie bene, maar een sentrale vuurmaakplek.

Eers kyk Daniël, Hermann, en Paul na suksesse uit Mandela se ampstermyn, wat van 1994 tot 1999 gestrek het. Dan kyk hulle na mislukkings, en hoe die nasionale administrasie van 1994 tot 1999 die bal laat val het, en waar Mandela se eie optrede retrospektiewe vrae los – spesifiek word hier gefokus op die hantering van MIV, sy stilte oor Zimbabwe en die manier hoe grondhervorming daar hanteer is, sowel as die ondersteuning wat Mandela aan oudpres. Jacob Zuma gebied het.

Laastens delf die paneel so bietjie in hul eie persepsies in, en kyk hulle na hoe hulle self Mandela beskou.

Hierdie episode is bedoel om die luisteraar te laat dink, te laat saamstem, of te laat verskil – luister gerus na hierdie spesiale Mandeladag-episode van Podlitiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Paul ·

My pa het sy lewe vir die land opgeoffer, in die blanke- en swart onderwys. Hy is in 1998 oorlede. Hy, wat al die jare baie in politiek belang gestel het, in die welsyn van mense, waardes, is in sy laaste jare diep ontnugter, so nader ek vandag daardie ouderdom en ook ek is vandag ontnugter.

Paul Maritz ·

Goeiemore Paul, dankie vir jou insette, soos wat jy sal hoor fokus ons ten sterkste daarop dat die tydsgees se belangrikheid dikwels oorskat word. Retrospektief gee ons opinies en oorwegings – dankie dat jy geluister het!

Barry H ·

Lekker om hierdie week bietjie vroeër my dosis podlitiek in te kry. Het dit interessant gevind om te hoor hoe jonges oor ou dinge dink.

christa ·

Hy is nou dood Laat ons aangaan dis omdat almal nou wil sit en Top oor sy Dood Ons almal het daai Afspraak een of ander tyd vergeet nou van dit EN LAAT ONS DIE LAND N BETER PLEK MAAK OM IN TE LEEF LEEF ASB

Hermann ·

Luister gerus na die ander episodes van Podlitiek – jul sal agterkom ons sit nie net en tob oor die verlede nie, Christa, Danie. Inteendeel! Ons soek hedendaagse oplossings vir hedendaagse probleme.

Vir botter of wors is Mandela deel van ons geskiedenis, en, in ons soeke na oplossings vir vandag, moet ons leer uit sy foute en suksesse. Hy wat nie die geskiedenis ken nie, is immers bestem om dit te herhaal.

Disselboom ·

Die geskiedenis sal nog – na die huidige geslag verbygegaan het en bietjie nugterheid kan terugkeer – dat Mandela maar ‘n pion was van wie ‘n geweldige beeld opgebou is om ‘n politieke agenda te pas om Suid-Afrika na die menseregte kultuur weg van christelik om te keer.

Staansaam ·

Ek glo Mandela was ‘n rassis! Hy het volgens sy gehoor gepraat. Sy mantel gedraai soos die wind waai.

Johan ·

Mense wat glo dat Mandela was of net sleg of net goed is eenvoudig feitlike en objektief verkeerd. Hy was ‘n mens wat gewerk het vir wat hy opreg geglo het, nes ons maar self doen. Kom ons wees bietjie eerlike mense. Moenie tonnelvisie hê nie.

Thinus ·

Ek onthou hom as iemand wat stemreg aan dertienjariges (of was dit tienjariges?) wou gee.
Voorwaar hoogs intelligent….

Yankee ·

Madiba had his shortkommings, like all of us. Yes, all of us. Yet, this man, “salt of the earth” Look what you had in him in your Country, and compare what you had, and what you have now. Mandela DID care for white folks, yes he did, whatever you might say. God bless you sir, i forever will stand behind you.

White Rhino ·

Neewat hou verby – hy was groot pellies met Kuba en hulle gardes en ook kommunistiese Rusland – destyds.
So ek het geen respek vir hom gehad nie – ek het ‘n veer gevoel vir hom en sy comrades.
En doen nog steeds

Wessel ·

Google bietjie:
lauren southern from canada – today i am not mourning

Baie insiggewend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.