Podlitiek: Mkhize-skandaal, Gumede bou kraal en MRK faal

Opgestel deur die Podlitiek-span

Dr. Zweli Mkhize, voormalige minister van gesondheid. (Foto: Twitter)

In hierdie week se Podlitiek-episode bespreek die paneel die Digital-vibes skandaal, Zandile Gumede se oorwinning tydens ‘n onlangse ANC-leierskapsverkiesing en die MRK se veldtog teen Steve Hofmeyr.

Dr. Zweli Mkhize het verlede jaar as minister van gesondheid bedank weens die sogenaamde Digital Vibes-skandaal maar is hierdie week deur ‘n parlementêre komitee onskuldig bevind aan onetiese optrede. Die Podlitiek-paneel grou ‘n bietjie dieper, en bespreek die intriges agter die intrige.

Zandile Gumede, voormalige burgemeester van die eThikwini-munisipaliteit in Durban, sal in Julie op meer as 2 700 aanklagte van korrupsie in die hof verskyn. Ondanks haar beweerde korrupsie is sy as ANC-voorsitter in Durban verkies. Die Podlitiek-span wonder hoe ernstig die ANC werklik oor korrupsie is as sulke kandidate die kitaar in belangrike streke slaan, en wat dit vir pres. Cyril Ramaphosa se herverkiesing tydens die ANC-kongres in Desember gaan beteken.

Die Menseregtekommissie het hierdie week aangekondig dat hy vir Steve Hofmeyr gaan vervolg nadat hy opmerkings oor bestialiteit gemaak het, en die moontlikheid dat dit in die toekoms aanvaarbare praktyk sal wees.  Die Podlitiek-paneel wonder hardop oor die doel en effektiwiteit van die MRK.

Luister gerus na hierdie week se Podlitiek om meer oor hierdie en ander stories te hore te kom!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.