Podlitiek: Modise-saak faal, ANC-werkers nie betaal, borgtog in Mkhondo-moordverhaal

Opgestel deur die Podlitiek-span

Thandi Modise in die hof.

In hierdie week se episode bespreek Hermann Pretorius en Daniël Eloff die saak van Thandi Modise wat van dieremishandeling aangekla is, ANC-werkers wat nie betaal word nie en die Piet Retief-hofsaak.

Daniël skop die bespreking af met die jongste oor die Thandi Modise-strafsaak. Modise is die afgelope week onskuldig bevind op die aanklagte teen haar. Meer as 200 diere moes in 2014 weens wanvoeding op Modise se plaas van kant gemaak word. Tydens die saak is daar getuienis gelewer oor die diere wat in ’n uiterse swak toestand was en dat sommige van die diere slegs vel en been was.

Daar word dan verder gesels oor die ANC wat nie tans sy werknemers kan betaal nie en die bewerings van enorme belastingontduiking. Die gesprek fokus ook op die ANC wat tans deur groot onsekerheid gaan.

Laastens bespreek hulle die jongste verwikkelinge rakende die Piet Retief-moordsaak. Die beskuldigdes se aansoek om borgtog, is die afgelope week toegestaan en Hermann argumenteer dat talle sosialemediakommentators die konsep van borgtog tydens ’n strafsaak verkeerd verstaan. Hermann spreek egter sy lof uit oor hoe die landdros tot dusver die saak hanteer het.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.