Podlitiek: Mthethwa sit pot mis, insident op US-kampus

Opgestel deur die Podlitiek-span

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

In die week se episode van Podlitiek is Paul Maritz, Frederik van Dyk, Ernst van Zyl en Renier Duvenage, ʼn veldtogbeampte by AfriForum, in die ateljee.

Op die agenda is die naam van die Taalmonument, die beplande skenking aan Kuba asook die veelbesproke voorval wat onlangs by die Universiteit Stellenbosch plaasgevind het.

Minister Nathi Mthethwa het onlangs aangedui dat die naam van die Taalmonument hom steur omdat die monument dan juis die Afrikaanse taal vier. Daar is natuurlik heelwat kommentaar hieroor te lewer, en die Podlitiek-paneel ontnonsens die storie behoorlik. Hierdie bespreking draai by die ANC se werklike doel, hul wêreldbeskouing, asook hul onbevoegdheid om van slegte amptenare ontslae te raak.

ʼn Volgende besprekingspunt is die R50 miljoen wat die regering aan Kuba wou skenk wat inderwaarheid eerder R350 miljoen is, na aanleiding van dokumente wat onlangs aan die lig gekom het. Die paneel wonder hardop wat die ANC-bestuurde regering se motiewe agter so ʼn roekelose skuif kan wees, met die redes ongelukkig heel te voorspelbaar.

Derdens word die voorval wat onlangs in ʼn koshuis by die Universiteit Stellenbosch plaasgevind het, bespreek. Die harde werklikheid is dat ons in ʼn wêreld leef waar wangedrag baie maklik opgeneem en uit verband geruk kan word, ʼn werklikheid wat verander hoe ons na ons alledaagse doen en late kyk.

Luister gerus hoe Podlitiek hierdie en ander stories #ontnonsens.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kobus ·

Ek as belastingbetaler kan raas en blaas soos ek wil , maar die ANC regering ploeter voort met hulle emosionele aanslag om geld te vermors en dan te verdedig. Twyfel of hulle die verskil tussen R1 en R1,000,000 ken.
Die vlag episode is bewys van ‘n minister wat onbevoeg is. Die stilswye van die vakbonde en ander faksies is ‘n bewys dat hulle nie regtig daar is vir die “poor ” gedeelte van ons samelewing nie. Solank hulle ” bling bling ” kan voorhou is die Kaap Hollands.
Die Matie voorval. Ek vra die vraag; Indien ek teen ‘n swart persoon se motorwiel urineer, is ek ‘n rassis?
Praat ek die student se optrede goed? Duisend maal nee maar om hom en sy ouers nou as rassiste te oormerk is myns insiens kras. Wat is my as blanke se verweer indien ‘n swartman teen my tuinmuur urineer of openlik by tolhekke voor my vrou en kinders urineer? Is dit ‘n ander argument?

SwartBees ·

Toe ek dieselfde vra vroeer die week die word my komentaar delete. Ek sien dit as n direkte aanval op my menswaardigheid omdat ek nie my opinie of mening mag gee nie.

SwartBees ·

Op n ander noot, die student wat op die ander student se besitting ge- pp het se naam was die media vol nog voor hy enige verskyning in die hof gemaak het. Gister het n US student in die hof verskyn agv verkragting maar sy naam en als word groot geheim gehou. Hoekom?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.