Podlitiek: Munisipale rade se verrassings en koalisiepolitiek se toekoms

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Foto: Reint Dykema)

Wat ʼn week in die Suid-Afrikaanse politiek! As jy, soos baie Suid-Afrikaners, wonder wat op aarde aangaan wat koalisies betref, en wat die term minderheidsregering in die eerste plek beteken, dan is hierdie episode vir jou.

In dié week se episode van Podlitiek verduidelik die paneel die verskil tussen ʼn koalisieooreenkoms en ʼn minderheidsregering. Die verskil tussen hierdie terme is van groot belang om die verskil tussen Ekurhuleni in die Oos-Rand se werking en dié van Tshwane in Pretoria te verstaan. ʼn Volgende punt wat die Podlitiek-span op ʼn kenmerkend unieke manier aanpak, is hoe dit gebeur het. Die DA-lede skets hulself tipies as wenners, maar is dit werklik so? Het hul sogenaamde “beginselgebaseerde benadering” nie net hul maatjies op die speelterrein verminder nie?

Die belangrikste punt vir die Podlitiek-luisteraar is sekerlik: Nou wat nou? Die paneel pak hierdie vraag aan, noodwendig met turksvy-handskoene, maar eerlik en opreg. ʼn Episode wat nie misgeloop moet word nie!

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.