Podlitiek: Munisipale verkiesing – alles en nog wat!

Opgestel deur die Podlitiek-span

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die week se episode van Podlitiek is nie die gebruiklike fokus op drie verskillende nuusstories nie, maar daar word eerder op die uitslae van die pas afgelope munisipale verkiesing gefokus.

Watter sterk tendense het na vore gekom? Wie was die groot wenners, en wie was die groot verloorders, en dalk meer belangrik: Waarom was dit so?

Die paneel loer spesifiek na Gauteng en KwaZulu-Natal, waar dinge nie heeltemal gegaan het soos wat baie voorspel het dit sou nie.

Ander kwessies wat bespreek word, sluit in die lae uitkeersyfer, en die groot aantal jeugdiges wat van die stembusse weggebly het.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.