Podlitiek: ʼn Jaar in oënskou – 2019

Opgestel deur die Podlitiek-span

Argieffoto: Pixabay

In hierdie uur lange episode kyk Podlitiek se vier aanbieders terug na 2019 en die vier grootste nuusstories van die jaar.

Die span bespreek die 2019-verkiesing en die uitval wat gevolg het; Suid-Afrikaanse staatsinstellings wat sukkelend aan die lewe bly; en die grootste hofsake wat die reg tot vryheid van spraak die jaar verander en ontwikkel het.

Wat sou 2019 wees sonder ‘n verkiesing om ons almal se politieke belangstellings te prikkel, en opnuut te laat dink oor die verlede en toekoms van die Suid-Afrikaanse demokrasie? Daar word egter gedebatteer of hierdie verkiesing enigsins groot nuus was, met Paul en Daniël wat verskil oor die ware en werklik impak van al die kruisietrekkery.

Bo en behalwe die verkiesing, is 2019 ook geken deur grootskaalse mislukking deur staatsinstellings. Eskom, en die SAL loop voor, maar verskeie ander soos Denel en Sasol het die nuus ook vir die verkeerde redes gehaal. Podlitiek wonder oor hierdie instellings se ware bydrae tot die land se ekonomie.

Vryheid moet ook bespreek word. Ons vryheid om eiendom te besit, ons vryheid om te sê as ons nie saamstem nie, selfs ons vryheid om ons kinders se onderrigtaal te kies, word gedurigdeur aangeval, en Podlitiek bespreek hierdie tendens.

Dankie aan elke luisteraar vir ‘n jaar van saamluister!

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit. Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.