Podlitiek: ʼn Ramp sonder stop; petrolpryse gaan op

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Argieffoto: Paul Brennan/pixabay)

Podlitiek is terug en die week word daar gesels oor die herhaalde verlenging van die ramptoetstand, die geweldige toename in brandstofpryse wat verwag word en die Menseregtekommissie se werksaamhede die afgelope weke.

Tian Alberts van Sakeliga sluit die week by die paneel aan, en die viermanskap van Paul, Daniël, Ernst en Frederik is almal op hul pos.

Soos baie ander mense wil die Podlitiek-span ook graag die ruimte hê om met hul lewens aan te gaan, maar die regering se alewige vasklou aan mag wat hulle onder die ramptoestand het, staan wel tans in die plek van hierdie vryheid. Die paneel bespreek hierdie fenomeen, en die pad vorentoe.

ʼn Volgende onderwerp is die toename in brandstofpryse wat op die horison is. Dit is sekerlik te verstane dat internasionale politieke kwessies buite die ANC se beheer is, maar die Podlitiek-paneel wonder oor die bykans R7 se heffings en belastings wat daar op elke liter geplaas word. Hoe kan dit anders verstaan word as verarming van jou eie mense?

Die laaste onderwerp handel oor die Menseregtekommissie se ondersoeke na onder andere skoolreëls en skooldrag. Die werklike doelwitte van hierdie ondersoeke word onder die vergrootglas geplaas.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.