Podlitiek: ‘’n Staatsrede sonder nuwe, of veel goeie punte’

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede 2019 (Foto: Phando Jikela/ANA)

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die Podlitiek-span se nuutste episode handel oor die Staatsrede. Hoewel die EFF bietjie te rustig was vir Suid-Afrikaanse politieke smaak, is die span self geensins bedees nie. In ’n vermaaklike halfuur bespreek hulle Ramaphosa se vyfpuntplan, Eskom se ontbondeling, die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) en olie- en gasfonds by die Brulpadda-blok.

Die span begin deur bietjie te besin oor die hele oefening op sigself. Hier verskil die span ’n bietjie – is die hele oefening net ’n onnodige magsvertoon? Of is die probleem juis dat dit ’n onsuksesvolle poging tot magsvertoon was? Die span lewer kommentaar oor die kamerawerk, mode en musiek van die geleentheid.

Wat president Ramaphosa se toespraak self betref, is die span nie entoesiasties nie. Daar is nie veel wat nuut is nie – en dit wat nuut is, is nie besonder goed nie. Ramaphosa het byna onmiddellik ’n vyfpuntplan uitgepak – maar die inhoud daarvan het die span juis bietjie bekommer. Sy aandrang daarop om die sogenaamde “kapasiteit van die staat om na sy burgers om te sien” uit te brei, is groot rede tot kommer – veral gegewe die feit dat Ramaphosa hier, onder meer, verwys na die voorgestelde NGV.

Die span bespreek die probleme wat die NGV in Suid-Afrika in die gesig sal staar – en ook hoe daardie uitdagings internasionale skemas op dieselfde manier gekniehalter het. Dit is moeilik om die gevolgtrekking te vermy dat die hierdie skema dalk die doodsklok sal lui vir gesondheidsorg in Suid-Afrika.

Die voorgestelde ontbondeling van Eskom word onder oë geneem – hoewel nie met besondere entoesiasme nie. Die span wys daarop dat daar min of geen rede is om te glo dat 3 staatsinstellings vanselfsprekend beter as 1 moet wees nie – behalwe die feit dat daar meer geld ter sprake is. Dit is, voer Paul aan, soos om die dekstoele op die Titanic rond te skuif.

Luister gerus saam na die vermaaklike, dog insiggewende gesprek. Wie weet – dalk sal jy wens dat ons sommer weekliks ’n staatsrede hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

aj ·

Selfs al is dit ‘n hopelose staatsrede bestaan daar geen ALTERNATIEF vir ons nie.

Ons bly steeds VASGEVANG binne die nare realiteit van ‘n (tipies) mislukkende Afrika staat.

As ek ‘n keuse gehad het sou ek Donald Trump as president verkies het en alles wat daarmee saamgaan …selfs ‘n muur om DONKER AFRIKA uit te hou!

Maar nou sit ons met President Paddakook … binne ‘n mislukte staat wat toenemend deur geweld en anargie oorspoel word!

Enigste ligpunt is die BRULPADDA gasfonds wat die “ONVERMYDELIKE” so ‘n wyle kan uitstel.

John ·

… maar ons sal maar weer soos soet kindertjies moet maak en op die 8ste gaan stem om die demokrasie in stand te hou en ‘n paar wit ooms lekker poste te gee wat gewoonlik net voor verkiesings soos Bennie Boekwurm uitpop vir ‘Hallo maatjies’…

Hennie ·

Hy het geklink soos ‘n st6 skoolmeisie wat redenaars probeer wen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.