Podlitiek: Natal self reggemaak, Zuma-saak en vryheid van spraak

Opgestel deur die Podlitiek-span

Gemeenskapslede van Shallcross het self ingespring om ‘n brug te herstel

Die Podlitiek-paneel is oudergewoonte terug met kraakvars nuusontledings en ʼn hele pot vol nonsens om te ontleed en die draak mee te steek.

Eerstens word daar gesels oor die burgers van KwaZulu-Natal wat besluit het dat hulle nie langer sal wag vir die owerhede om die skade van onlangse vloede aan hul infrastruktuur reg te maak nie. Hulle het hande gevat, en dit self begin doen. Die gedagte dat selfdoen beter is as niksdoen kom hier sterk na vore, en die Podlitiek-span juig saam met hulle.

Volgende aan die beurt is dit die hofsaak van oudpres. Jacob Zuma wat weer in die nuus is. Reiner Duvenage vertel hoe hy hierdie hofsaak van naderby beskou het, en wat hy van naderby wys geword het oor die sogenaamde RET-faksie van die ANC, en hul eetgewoontes …

Die laaste brandpunt wat bespreek word, is die aanval op die Indiese skrywer Salman Rushdie. Hoewel die jongste berigte lui dat Rushdie buite gevaar is en weer kan praat, oorweeg die Podlitiek-paneel die stand van vryheid van spraak, asook die uiteenlopende antagoniste daarvan in die jaar 2022.

Luister Podlitiek vir hierdie kwessies, en meer!

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Ernst van Zyl, Frederik van Dyk en Reiner Duvenage.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.