Podlitiek: NGV-malheid en Poskantoor-skokbeleid

Opgestel deur die Podlitiek-span

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

In ’n week vol groot nuusgebeure en amper onverklaarbare optrede deur heelparty hooggeplaastes, keer Podlitiek oudergewoonte terug om so bietjie te ontnonsens. Hulle kyk na die politieke en ekonomiese stromings agter die besluite op die oppervlak, en dien meer as net ’n knippie sout toe tot heelparty sensitiewe nasionale vraagstukke.

In dié episode is Paul Maritz en Hermann Pretorius aan die stuur van sake, en hulle ondersoek die jongste oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NVG), sowel as die Poskantoor wat vir homself ’n monopolie op pakkies onder 1 kg wil skep.

Eerste dinge eerste – die NGV-malheid. Die jongste vanuit die diep donkertes van Suid-Afrika se regerende elite is dat mediese fondse hul bates skynbaar na ’n sentrale fonds gaan moet skuif, ten einde te verseker dat daar net een befondser van gesondheidsdienste in Suid-Afrika is. Nie net beskou die Podlitiek-span so ’n toedrag van sake as ekonomies onkundig nie, hulle wonder wat ’n party met die ANC se geskiedenis van finansiële bestuur met so ’n majestueuse bedrag geld gaan aanvang.

’n Volgende onderwerp op die tafel is die voorgenome intensie van die Poskantoor om ’n monopolie op pakkies te kry wat minder as 1 kg weeg. Weer eens wonder die Podlitiek-span hoe ’n organisasie met so ’n powere geskiedenis van dienslewering dink dat hy enigsins die reg het om homself so iets toe te eien. Benewens die hofsake wat sekerlik hieroor wag, word die lagwekkendheid van hierdie blatante sentralisme in ’n tyd van toenemende onafhanklikheid van die regering bespreek.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek. Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michal ·

net so, as kan verseker een ding sê, hulle planne raak nie op nie

Michal ·

hulle sal later ook sê, kort en lang termyn versekering geldtjies moet ook na een pool toe gaan, hierdie gang gaan eninge planne maak om alles te vat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.