Podlitiek: Noah in die sop en die verkiesingsflop

Trevor Noah (Foto: GCIS)

Opgestel deur die Podlitiek-span

In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz ná afloop van die nasionale verkiesing van 8 Mei deur ʼn mikroskoop na wat presies gebeur het, watter tendense opgetel kon word, en wat hierdie stemgeleentheid verklap oor die stand van sake.

Eerstens wend die span hul blik op die VSA, waar die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah onlangs die opmerking gemaak het dat “mense wat dink Donald Trump is erg, nog nooit van Julius Malema gehoor het nie”. Noah is histories ʼn groot opponent van beide Trump en Malema, maar skynbaar kon Malema se ondersteuners regkry wat Trump s’n nie kon nie – hulle kon “The Daily Show” (Noah se program), kry om ʼn plasing van sosiale media af te verwyder ná volgehoue druk van, onder andere, Floyd Shivambu, die EFF se adjunkpresident.

Dan is dit die beurt van die Suid-Afrikaanse verkiesing wat die afgelope week plaasgevind het, om onder die Podlitiek-loep te kom. Wat was die uitslae, watter resultate het opslae gemaak, en word die resultate ontvang? Veral die DA se uitsprake oor kiesers (spesifiek rasse nasionaliste) wat hul party verlaat het (skynbaar vir die VF+), word bespreek. Is dit die beste manier om verontriefde stemmers te hanteer?

Laastens kan die Podlitiek-span nie anders as om heelwat stoom af te blaas oor die stand van die Suid-Afrikaanse politiek nie. Dat partye wat so ʼn bewese rekord van onbevoegdheid in amptelike take, en vooruitstrewendheid in duistere take het, so ʼn groot hoeveelheid stemme op homself kan sentreer, ná afloop van skandaal op skandaal is, om die minste te sê, ontstellend. Waarheen is Suid-Afrika op pad?

Die span gooi dan oudergewoonte ʼn ogie op internasionale nuus, met hierdie week se warm storie natuurlik die handelsoorlog tussen die VSA en China, met die VSA wat hul eerste handelstariewe ingestel het, en China se reaksie wat volgens verskeie bronne binnekort sal volg.

Maak seker jy weet wat aangaan in die Suid-Afrikaanse politiek. Maak seker jy luister Podlitiek!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JAN ·

Hier is seker kokkedore wat dadelik Noag se CV kwalifiseer as rubriekskrywer in Afrikaans met sy anti-Trump hofnarrery.

apie ·

Trevor Noah maak ‘n bespotting van ordentlikheid en die Amerikaners klap vreeslik hande vir hom. Die wereld is inderdaad bisar. Dankie vir die oulike potgooi, julle is ‘n goeie span

Daniel Eloff ·

Dankie vir jou ondersteuning en vir die gesprek hier voort sit!

Briljant ·

Waarom word VF plus heeltyd as rasgebaseerd gebrandmerk, tok is dit heeltemal aanvaarbaar dat die IFP hoofsaaklik n Zulu party is. Neewat, ek dink nie VF hoef eers te probeer verdedig dat hulle multikultureel is nie, ons mag beslis ook trots ons eie party he. Julle al drie is briljant, baie dankie vir dit wat julle doen, ek sien elke week uit na die uitsending.

Dries du Toit ·

Noha het n helse vermetelheid om Pres. Trump en Malema met met mekaar te vergelyk. Malema het minder tussen die ore as wat Pres. Trump tussen sy tone het

Daniël Eloff ·

Baie dankie dat jy ons weekliks ondersteun Briljant! Ons waardeer jou luisteraarskap!

Viv ·

As dit so is, kan mens Malema makliker vergewe as Trump. Trump doen meer skade aan die Weste se belange as enige liberale president voor hom. Malema is n windlawaai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.