Podlitiek: Nzimande se flaters en ramptoestand in troebel water

Opgestel deur die Podlitiek-span

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

In die week se episode van Podlitiek ontnonsens die span die minister van hoër onderwys se drogredenasies oor Afrikaans by Stellenbosch asook die hofaansoek om die nasionale ramptoestand tot ’n einde te bring. Die span bespreek ook die stadsaal van Komani (Queenstown) wat onlangs afgebrand het en hoe ons die brande in Suid-Afrika moet blus.

Die gesprek skop af met Frederik wat minister Blade Nzimande se aanval op Afrikaans by tersiêre onderwysinstellings kontekstualiseer teen die breër gesprek oor moedertaalonderrig. Die feit dat Engels as alleen onderrigtaal aangeneem word onder die vaandel van transformasie in pleks van veeltalige moedertaalonderrig, word sterk gekritiseer en die teenstrydighede daarvan uitgewys.

Tweedens bespreek die span AfriForum, DearSA en Solidariteit se hofaansoek om die ramptoestand te beëindig. Die feit dat Suid-Afrika tans nie hoë vlakke van sterftes ervaar ten spyte van die vorige vlaag van Covid-19 nie, gee rede om te glo dat die nasionale ramptoestand nou sy vervaldatum bereik het.

Laastens draai die gesprek na die brande by die parlement asook die stadsaal van Queenstown. Dit word uitgewys dat albei die tragiese voorvalle gedeeltelik toegeskryf kan word aan swak onderhoud en wanbestuur deur ons owerhede. Die simboliek hiervan word ook bespreek en dit word uitgewys dat dit moeilik is om te bou, maar ongelukkig vreeslik maklik is om af te breek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk. 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SomeOne ·

@ laaste paragraaf:

verbasend hoeveel geboue brand deesdae, “sommer vanself”,
alle brande het skielik ontstaan vanaf 2008 af

kan nie dink dat die voor 1994 so bekend was nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.