Podlitiek: OB geboek, Floyd se besoek en Johnny Clegg groet

Floyd Shivambu. Foto: ANA

Opgestel deur die Podlitiek-span

In die een en twintigste eeu mens hoef nie meer ver of wyd te soek om inligting te bekom nie, dit spring sonder uitnodiging agter elke bos uit, land op ons selfone, rekenaars,en selfs ons horlosies. En skrou ’n klomp gebeurtenisse na ons kant toe. Podlitiek is juis geskep met die taak om al hierdie baie inligting te “ontnonsens”, om al die feite wat ons daagliks moet inneem, te verwerk en te verpak.

Vir hierdie episode is daar in die ateljee die driemanskap van Hermann Pretorius, Paul Maritz en Daniël Eloff. In hierdie episode word daar gekyk na die omstredenheid rakende die magdom gebeure waar die Openbare Beskermer (OB) betrokke is, Floyd Shivambu se beweerde ontmoeting met Johann Rupert en derdens word die dood van die musieklegende Johnny Clegg bespreek.

Die doel van ’n openbare beskermer is, volgens artikel 9 van die Grondwet van Suid-Afrika, om ons vryheid te beskerm, en seker te maak dat geen persoon of groep die regering so aanwend dat dit tot nadeel van ander lei nie. As die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, haar optrede teenoor president Cyril Ramaphosa dus wil regverdig, is dit die eerste punt van verdediging wat sy sekerlik kan lug. Die Podlitiek-span wonder wel waarom sy die blinde oog na die Estina-melkeryskandaal of na die tientalle boeke oor korrupsie draai, en die beweerde korrupsie van president Cyril Ramaphosa se 2017-veldtog om president van die ANC te word, as haar hoofprioriteit neem.

’n Volgende punt ter bespreking is die skynheiligheid wat daar maar nog steeds binne die geledere van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) heers. Die storie het onlangs die voorblaaie gehaal dat Floyd Shivambu, adjunkpresident van hierdie verlinkse party, ’n besoek aan die einste Johann Rupert afgelê het wat hy so graag van onregmatige bevoordeling beskuldig. Podlitiek vind dit vreemd dat Shivambu so graag die vinger na kapitaliste wys, as hy self so graag in weelde en rykdom leef.

Laastens word daar gekyk na die dood van die sanger Johnny Clegg – hoe word hy onthou, en wat is die unieke bydrae wat hy tot Suid-Afrika en die huidige Suid-Afrikaanse narratief gebring het.

Is jy moeg daarvoor om nie te kan saampraat om die braaivleisvuur nie? Podlitiek is die antwoord vir jou!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jerry ·

Business is business, so they say! Rupert se losprysgeld moet die eff toneelspelers laat goed lyk en hulle laat goed leef sodat Rupert in vrede kan leef (golf speel). Sodra die eff weer geld nodig het, sal Rupert maar weer en weer en nog n keer moet hoes! Rupert se sakeryk is gevestig in SA en Rupert wil SA nie graag verlaat nie. Rupert is inderwaarheid nou n gyselaar van die eff.

HPV ·

Rupert kan sy sakeryk se deure sluit net wanneer hy wil. Hy het meer as genoeg geld om vir die res van sy lewe op sy rente te lewe.

HPV ·

Anders as sekere mense wat die land en banke moet plunder om iets te hê.

Jerry ·

Rupert kan tereg sy sakeryk se deure sluit, maar Rupert sal nie, want alles waarmee Rupert besig is dui daarop dat Rupert nie SA wil verlaat nie. Gyselaar of te nie, Rupert is hier om te bly, “come what may”!

Piet ·

Gepraat van Trump ondersteuners…..kan die Podlitiek span bietjie praat oor Candace Owens? Sy is ñ swart Amerikaner en ñ uitgesproke Republiekein….baie interessant om na haar te luister!!

Beer ·

Al is ek hoe besig mis ek nie julle show nie, dankie vir julle moeite met die ontnonsens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.