Podlitiek: Onderhoud met André (Onrehabiliteerbare Afrikaner)

Opgestel deur die Podlitiek-span

André (Onrehabiliteerbare Afrikaner)

In die volgende episode van hul onderhoudreeks gesels Podlitiek met André (Onrehabiliteerbare Afrikaner), ʼn sosialemedia-aktivis en trotse Afrikaner.

Ernst van Zyl, Daniël Eloff en Hermann Pretorius het met André in die ateljee gesels oor sy beplande motorfietstoer deur die Noord-Kaap vir droogtebewusmaking, asook die impak van sosiale media in Suid-Afrika.

André beplan om in Desember met sy motorfiets deur die Noord-Kaap te toer en met boere in die omgewing video-onderhoude te doen om ’n duideliker prentjie te help skep oor die impak van die droogte.

Hy gaan ook beeldmateriaal verfilm van die droë landskap en hoe die plase daar lyk. André is ook betrokke by menige inisiatiewe om boere in die Noord-Kaap te help met voer en ander behoeftes.

André gesels ook met die Podlitiek-span oor Afrikaans en Afrikaners in die sosialemedia-era, en wat dit beteken om jou roeping na te streef.

André is ’n voorbeeld van die nuwe tipe aktivis wat al hoe meer gereeld in die 21ste eeu se sosialemedialandskap raakgesien word. Hy vertel in diepte hoe Afrikaanssprekendes sosialemediaplatforms soos Twitter meer begin benut om eensgesinde mense te ontmoet, asook om nuwe vriende te maak en mense in nood te help.

Hierdie onderhoud sal jou meer inlig oor André se toer, asook hoe jy hom kan help om boere wat deur erge droogte getref is, te ondersteun.

Besoek gerus André se YouTube-kanaal vir meer besonderhede: https://www.youtube.com/channel/UC7G14sUpwwS0PDVqc9n66Wg

Volg hom op Twitter: @Andre_Ronin

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anti Da ·

Bly maar op die teerpad, af op die grond / sand paaie gaan jy moeilikheid optel om alleen te ry.

André ·

Hi, baie dankie, ek sal van die teerpad af moet beweeg om op sekere plekke te kom. Gelukkig is my motorfiets gemaak vir die grondpaaie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.