Podlitiek-onderhoude: Chairefoon bevorder filosofie in Afrikaans

filosofie-denke-boeke-biblioteek

Foto: Giammarco Boscaro/Unsplash.com

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Hercules Boshoff en Hans Pretorius van die Chairefoon Inisiatief. Die Chairefoon Inisiatief is ’n organisasie wat hom beywer vir filosofie en filosofiese ontwikkeling in Afrikaans.

Met die ope aanval wat daar op Afrikaans aan die nasionale universiteite in Suid-Afrika is, is daar al hoe meer druk op die beoefening van filosofiese denke in Afrikaans. Om daardie rede is die Chairefoon Inisiatief op die been gebring.

In hierdie episode word Afrikaans as medium van tersiêre onderrig, en as medium van hoëvlak diskoers bespreek, juis met die fokus op hoe Afrikaans sonder enige staatshulp steeds op topvlak kan funksioneer, en selfs verder uitgebou word.

Die episode begin met Hercules wat aan Daniel en Paul verduidelik hoe die naam van dié organisasie sy oorsprong by die Orakel van Delphi en die vader van Westerse Filosofie, Socrates, gekry het. Ná afloop hiervan, delf die vier sprekers dieper in die gedagte van filosofie in Afrikaans, en praat hulle oor die rol wat filosofie en filosofiese denke op ’n taal, maar ook op ’n nasie, kan speel. En waarom dit juis so belangrik is dat dit gekoester en uitgebou word.

Die gesprek draai dan vlugtig by Onder die Bome, ’n nuwe inisiatief van POD Media, saam met die Chairefoon Inisiatief, wat eersdaags vir lesers van Maroela Media en luisteraars van Podlitiek beskikbaar gestel sal word. ’n Vlugtige kykie word ook gegee na wat reeds gedoen is ten opsigte van filosofie in Afrikaans, en wat ons uit die verlede kan neem om op voort te bou.

  • As jy belangstel in die ontwikkeling van Afrikaans as navorsings- en denktaal, dan is hierdie episode perfek vir jou. Podlitiek bring met trots vir jou as luisteraar en leser hierdie langformaat-podsending wat uniek is in die Afrikaanse digitale media. Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

TaalGemors ·

More Almal – ek is die laaste persoon wat suiwer afrikaans gebruik, en my spelling is ook nie altyd baie goed nie, Maar hoekom is julle so skaam vir afrikaans julle gebruik soveel gemors woorder wat directe vertaling is van engels by voorbeeld . “Artikileer” – “articulate” wat is verkeerd met “uit drik”. Nee man gebruik dan eerder die engelse woord. Ek dink dit is regtig nie nodig om Afrikaans soo te vervorm nie. Ons praat juis Afrikaans omdat jy jou self so kan uit leef en uit drik !!

Hendrik ·

Baie dankie aan die menere vir die interesante gesprek. Ek dink u maak n fout deur te aanvaar dat ons nie in filosofie belangstel nie. Daar is beslis n honger na die soort kennis. Wat ek ook nodig het is byvoorbeeld n reeks van boeke waarmee ek kan begin om my denke te verskerp en die allerbelangrike vaardigheid van self en selfdenke te bou. Ek vind om rond en bont te lees nie genoeg is nie. Dan ook allerbelangrik in afrikaans. Dankie vir prikkelende gesprek.

Paul Maritz ·

Goeiemore Hendrik, hou Maroela Media gerus dop vir Onder die Bome, ‘n inisiatief juis vir denkers en denkliefhebbers soos jy, wat eerskomende Dinsdag begin!

Paul Maritz ·

Goeiemore, dankie vir jou opmerking, ek neem dit in ag, ek dink wel die verskillende moontlikhede, wat ook aan die gebruiker van Afrikaans die keuse, of opsie, of ruimte gee om homself uit te druk soos hy kies, verryk die taal.

John ·

Oooooooh, moenie stresseneer nie, die oome wat hul besig hou met wysgerige denkedinge is baaaie slimmerster as ons anderses. Om sulke woorde te gebruik is juis die bewys. In die antieke tye het hulle gereeld tydens die drinkgelag oor diep sake besin en dan moes kanne wyn ingerol word om diep denke te aktiveer. Dis juis hoekom die slimste filosowe in die Kaap naby Stellenbosch gebore word; vir ware insig en ontleding van die menslike siel en dies meer. Kalmeer broe, kalmeer… Geen wysgerige is ‘n hartaanval werd nie,.. vandaar die … -gerige… want die manne soek nog die waarheid… al vir duisende jare… en hulle trek al tot Afrikaans by… baie gevaarlik, baie…

Lee ·

Tegnologie maak inderdaad dat ons primitiewer vaardighede verloor. Jag en plantdele versamel is n goeie voorbeeld. Dit tel eers teen ons wanneer die hoer orde samelewing verkrummel en ons daardie ouer vaardighede weer nodig kry. Ja inderdaad maak tegnologie ons vry van repererende werk wat ons meer tyd gee vir hoer orde dinge, en dir reeds veroorsaak ekonomiese vooruitgang, maar die probleem kom in as ons daardie vryheid vir onproduktiewe dinge gebruik soos om te veel tv, sosiale media, sport of rekenaarspeletjies gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.