Podlitiek-onderhoude: DA se Crezane praat oor minderhede, Pta en koalisies

crezan-bosch-saam-met-helen-zille

Crezan Bosch saam met Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige leier van die DA, tydens die bekendstelling van Zille se boek ‘Not without a fight’ in 2016. Foto: Facebook.

Opgestel deur die Podlitiek-span

Podlitiek is trots om te begin met sy onderhoudreeks. Tydens hierdie reeks gaan ons met interessante leiers en denkers gesels oor hul werk, ons land, politiek, filosofie en geloof. Hierdie langer episodes poog om werklik deurtastende gesprekke te voer waar onderwerpe deeglik bespreek kan word.

In die eerste van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Paul Maritz met Crezane Bosch.

Crezane is ʼn adjunksweep in die Tshwane-munisipaliteit vir die Demokratiese Alliansie koukus. Sy is ʼn proporsioneel verteenwoordigende raadslid in die stadsraad en betrokke by minderheidsgroepe binne die DA.

In hierdie episode word Crezane se loopbaan in politiek bespreek en hoe sy by partypolitiek betrokke geraak het. Haar liefde vir politiek spruit uit haar jong skooldae.

Crezane praat ook oor hoe haar party die verhouding in die DA-koalisieregering met, byvoorbeeld, die EFF hanteer en hoe die nuwe stadsraad sedert hul verkiesing groot stappe gedoen het om die stad finansieel te stabiliseer. Haar insigte oor die binnewerking van die party is vars en nuut en gee ’n interessante agtergrond tot alles wat in die Pretoriapolitiek aan die gang is.

Verder bespreek die span die DA se onlangse flaters en hoe die party hulself ideologies posisioneer voor die 2019 nasionale verkiesing. Crezane vertel hoe die DA sy posisie ingeneem het teen grondonteiening sonder vergoeding en dat die party deur ʼn tydperk van aanpassings en veranderings gaan wat onderstreep word deur die party se nuwe standpunt teen swart ekonomiese bemagtiging.

Om die episode mee af te sluit, vra die Podlitiek-span Crezane wat haar voorspellings is vir volgende jaar se verkiesings. Skakel in om haar raaiskoot te hoor.

Is jy onseker oor ons land se toekoms? Voel jy dalk oningelig oor politieke kwessies wat aan die orde van die dag is? Dan is Podlitiek die ideale instrument om jou opinie mee te slyp! Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jammer ·

Die DA het bietjie sy hand oorspeel en gaan groot pakslae kry volgende jaar tydens die verkiesing. Hulle het mooi begin en ons het hulle almal ondersteun tot hulle met hulle rassistiese uitsprake teen blankes gekom het .. ons gaan dus julle ongelukkig nie meer kan ondersteun nie .. kry maar ‘n ander ondersteuningsnetwerk. Ek het die DA finaal totsiens geroep en so ook ‘n groot groep van ons vriende en familie ..

Afrikaan ·

Ja nee, julle kan maar mooi beriggies oor julle politieke raaiskote plaas maar julle leier het sy kleure gewys as anti-wit meeloper. Bye DA, sien julle by die stembus (of nie?)

Jurie ·

Die DA is “good and fast”.
Good for nothing and fast asleep.

Afrikaan ·

Dis tyd vir Afrikaners om te kies:
1. Vir kommunisme, rassisme en ekonomiese selfmoord = DA/ ANC/EFF.
2. Vir vryheid, gelykheid en selfbeskikking (vir alle rasse en groepe) = VF+

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.