Podlitiek-onderhoude: Danie Barnard oor aktivisme en entrepreneurskap

danie-barnard

Die Podlitiek-span het met Danie Barnard gesels. Foto: Danie Barnard/Twitter.

Opgestel deur die Podlitiek-span

In hierdie episode gesels die twee Daniels en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur, oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019-verkiesing.

Die episode trek weg met Barnard wat meer vertel oor die #BoerTestimony wat oproer veroorsaak het op sosiale media. Nadat Barnard ’n video gemaak het en dit op sosiale media geplaas het, het die video soos ’n veldbrand versprei. Die video het so ʼn opskudding veroorsaak, dat dit gelei het tot president Donald Trump van Amerika wat ’n plasing op Twitter daaroor gemaak het. Talle ander bekendes, soos die wêreldberoemde podsending-aanbieder Joe Rogan, het na aanleiding van die video self ondersoek ingestel oor plaasmoorde in Suid-Afrika. Die #BoerTestimony het besonder baie gedoen om internasionale aandag op die netelige kwessie van plaasmoorde te plaas.

Die gesprek draai dan na kriptogeldeenhede. Barnard glo dat die gebruik van kriptogeldeenhede die toekoms van die wêreld is en dat die alledaagse nut daarvan toenemend gaan groei. Daniël Eloff vra vir Barnard presies hoe kriptogeldeenhede gebruik gaan word vir, byvoorbeeld, die koop van brood en melk.

Daniel du Plessis bespreek die betroubaarheid en veiligheid van kripto-geldeenhede en die blokkettingtegnologie. Barnard verduidelik dat kriptogeldeenhede sonder regeringsinmenging besonder betroubaar is en dat die fopnuus oor terrorisme, misdaad en kriptogeldeenhede eenvoudig nie waar is nie. Aansienlik meer (tradisionele) fiat-geldeenhede word ondergronds gebruik as wat enige kriptogeldeenheid doen.

Verder deel Barnard hoe hy sosiale media in Suid-Afrika ervaar en die mag wat dit het om mense en denke te beïnvloed. Die feit dat talle mense hulself na alternatiewe media en nuusbronne wend, is positief, maar hou ook ’n gevaar in vir die betroubaarheid van inligting.

Ter afsluiting vra Paul Maritz aan Barnard wat hy voorspel vir die 2019-verkiesing. Luister na die episode hierbo as jy belangstel om Barnard se antwoord hieroor, en oor baie ander kwessies te hoor.

  • Is jy onseker oor ons land se toekoms? Voel jy dalk oningelig oor politieke kwessies wat aan die orde van die dag is? Dan is Podlitiek die ideale instrument om jou opinie mee te slyp! Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie ·

Danie Barnard jy is ‘n seun so na hierdie ou tannie se hart.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.